Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die ontdekking van kisdeksels en sakke met veraste oorskot het die afgelope week baie gemengde gevoelens by die Upingtonse publiek ontlok.
Dit volg nadat die departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming  ‘n persverklaring uitgereik het oor die sogenaamde grufonds wat hulle op die De Duine Vullistortingsterrein ontdek het.
Die persverklaring vertel wel nie die volle storie nie. Sou enige van die ander  aan die Suid-Afrikaanse Persraad se vereistes vir betroubare joernalistiek voldoen het en die moeite gedoen het om aan die Upington Krematorium die geleentheid te gee om hul kant van die saak te stel, sou die publiek dalk ‘n heel ander prentjie van die insident gehad het. 
Nadat ‘n inwoner van Upington homself onlangs na die Gemsbok gewend het, toe hy op - wat vir hom soos veraste menslike oorskot en doodskis deksels gelyk het - op die De Duine vullisterrein ontdek het, het die Gemsbok met die omgewingsgesondheidsafdeling op Upington kontak gemaak. Aanvanklik was die inspekteurs betrokke onseker hoe die situasie hanteer moes word en wat die wet daaroor bepaal.


Die Gemsbok het selfs ook die wetgewing met betrekking tot begrafnisse en verassings nagegaan. Die wetgewing is baie spesifiek, tot en met die verassingsproses. Wat daarna met die as moet gebeur en hoe daarvan onstlae moet geraak word, is onduidelik.
Intussen het die plaaslike omgewingsgesondheid inspekteurs van die omgewingsgesondheidsdienste op Upington en die LUR vir Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming  se luggehaltebestuur-, besoedeling- en afvalbestuureenheid na die terrein gestuur.  Die span het inspeksies by die De Duine-stortingsterrein gedoen en hulle het ontdek dat kisdeksels en as - wat verbrande bene bevat - daar gestort is.  
“Die afval is in swart plastieksakke weggegooi. Die meeste van die swart vullissakke is geskeur en is met ander afval gemeng,” het ’n woordvoerder van die kantoor van die LUR vir Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Bongani Silingile gesê.
Hy het bygevoeg dat die eienaar van die Upington-krematorium erken het dat die afval wat by die stortingsterrein gestort is, afkomstig is van afval van die krematorium.
Silingile het gesê dat die departement Upington Krematorium verder aangeraai het om sy afval te assesseer met ‘n laboratorium wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Akkreditasiestelsel (SANAS) geakkrediteer is ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Afval, No 59 van 2008, Norme en Standaarde vir die Assessering van Afval vir stortingsterrein wegdoening 2013.
“Hulle is verder as ’n dringende aangeleentheid aangeraai om ’n ver-voerder vir gevaarlike mediese afval te kontak vir die wegdoening van die afval by ’n gevaarlike stortingsterrein.”
Die eienaars van die Kremeatorium het dadelik opgetree om  die afval te verwyder. Intussen kon die Gemsbok nêrens inligting bekom, wat bewys dat veraste ‘oorskot’ as bio- of mediese afval klasifiseer nie.
Inteendeel, ingeligtes het bevestig dat die hele liggaam, behalwe die skeletstruktuur, tydens verassing brand. 
Sagte weefsel word onvermydelik verbrand as gevolg van die oond se uiters hoë tempe-ratuur. 
Soute, minerale en stukkies van die skelet is al wat tussen die as oorbly. Hierdie minerale is selfs volgens navorsing geskik vir plantvoeding.
Verassing vind plaas by so ‘n warm temperatuur dat alle mikro-organismes vernietig word  en die oorblywende as totaal onskadelik is. Na verassing is daar geen openbare gesondheidsrisiko’s verbonde aan die hantering van as nie.
Dink so daaraan. Sou die as skadelik wees, sou dit mos onwettig gewees het om as te strooi na ‘n begrafnisdiens.....
Die wetgewing waarna die departement verwys sê “Enige persoon wat ‘n produk verkoop, wat deur die publiek gebruik kan word en wat waarskynlik tot die generering van gevaarlike afval sal lei, moet redelike stappe neem om die publiek in te lig oor die impak van daardie afval op gesondheid en die omgewing en die gevolge van die besoedeling of omge-wingsagteruitgang reg te stel.”
Hierdie wetgewing spesifiseer nêrens wat gesien word as gevaarlike afval nie.
Die Upingtonse Krematorium voldoen aan alle wetlike vereistes en sê hulle skroom nie om die ekstra myl te stap om die gemoedsrus van hulle gemeenskap en kliënte te verseker nie. 
Daarom gaan hulle voortaan ekstra kostes aan, sodat ‘n derde “geakkrediteerde” party van die ‘oorskot as’ ontslae sal raak.