Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KATHU: Drie mans is die afgelope week swaar gestraf in die Kathu-streekhof, ná die verkragting en ontvoering van ’n 11-jarige meisie.
Op 02 Junie 2013 omstreeks 13:00 was die slagoffer by ‘n snoepie in Kuruman, toe sy deur die drie beskuldigdes aangerand is, wat haar verskeie kere agter die perseel en weer by ‘n nabygeleë stadion verkrag het.
Die verdagtes het gevlug en is tussen Junie 2020 en Oktober 2021 ná ’n lang ondersoek in hegtenis geneem.


Die beskuldigdes het in aanhouding gebly en is soos volg in die Kathu-streekhof gevonnis:
 Emmanuel Modise (25) is gevonnis tot 22 jaar gevangenisstraf vir verkragting en sewe jaar gevangenisstraf vir ontvoering.
 Ditebogo Tshegodikae (31) is gevonnis tot 22 jaar gevangenisstraf vir verkragting en sewe jaar gevangenisstraf vir ontvoering en Patrick Gaebetse (31) is tot effektiewe 20 jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting en ontvoering.
Puik ondersoek deur die ondersoekbeampte, speurder-sersant Gwyneth Paulsen, van die provinsiale reeks- en elektroniese misdaadondersoekeenheid - het die streng vonnisoplegging verseker vir die oortreders van hierdie gruwelike misdaad wat teen die jong meisie gepleeg is.