Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Lede van die Upingtonse gemeenskap het verlede week opgeruk na die Dr Harry Surtie hospitaal, waar ‘n griefskrif met betrekking tot die agteruitgang van die “eens luukse spoghospitaal” aan DHS se uitvoerende direkteur, mnr Chris Seema, te oorhandig.
Dit kom nadat die Gemsbok die vorige week berig het oor die gebrek aan lugversorging en die negatiewe impak wat dit op beide die pasiënte en werknemers van die hospitaal het.
Kort voor die optog by die hospitaal - was die Gemsbok binne die perseel en het ons gevind dat van die lugversoring weer werk. Sommige sale was steeds onmenslik warm - maar dit het voorgekom asof daar daadwerklik gewerk word aan die probleem.

‘n Handvol van die hospitaal se personeel het die betogers uitgejou en in die rede geval terwyl hulle hul griewe tydens die protesoptog wou lig.
In antwoord hierop het verskeie van die protesgangers wat nie net verskillende politieke partye nie, maar ook gemeenskapsorganisasies soos Afriforum, Movement Against Drugs, Neighbour Helping Neighbour, Nation Against Gender Based Violence and Femicide, die She Leads- en Give Light Foundations insluit - die uitjouende werknemers daaraan herinner dat hulle eie mense die hospitaal moet gebruik. 
“Ons het soveel respek vir julle beroepe. Ons is hier om namens julle op te staan - omdat julle as gevolg van personeel te korte - oorwerk is. Omdat julle in ‘n hittegolf sonder lugversorging moet werk. Ons weet hoe hard julle werk, ten spyte van die omstandighede. Die is nie ‘n aanval op die personeel nie, maar op die bestuur wat werknemers en pasiënte aan onmenslike omstandighede onderwerp.” het een van die protesgangers gesê.
Die uitvoerende direkteur het met ontvangs van die griefskrif gesê, wat dalk ‘n wanpersepsie van swak dienslewering vanaf die publiek mag wees, sal aangespreek word binne ‘n beraamde tydperk.
Gaan kyk gerus na die video-materiaal wat die Gemsbok gedeel het met betrekking tot die optog.