Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Klippunt/Kalksloot gemeenskappe sukkel gereeld met watervoorsieningsprobleme. Dae, weke en selfs maande gaan verby, waar daar swak waterdruk en soms selfs geen water aan die gemeenskappe gelewer word nie.
Ten spyte daarvan dat Dawid Kruiper Munisipaliteit in Februarie 2023 met groot seremonie ‘n sooispit vir die opgradering van die  watervoorsiening- en kleiner werke-projek in Leseding Wyk 12, Kalksloot: Wyk 11 en Swartkopdam: Wyk 16 het hierdie probleem sedert November 2023 weer sy kurkdroë kop uitgesteek.

Na afloop van die sooispitseremonie, waar water aan die gemeenskappe beloof is, het DKM ‘n persverklaring uitgereik waarin beloof word dat  die projekbefondser, Waterdienste-infrastruktuurtoelae (WSIG) R5.5miljoen aan die projek bewillig het.
 Die kontrakteur aan wie die  tender goedgekeur is, is Elohim Erets Retailers BK en is verantwoordelik vir die tydelike indiensneming van 12 tydelike werkers uit alle areas (4 per area). 
Die daaglikse tarief is R208,71 per dag.
Die Dawid Kruiper Munisipaliteit het in Februarie 2023 gesê hy is besig met die implemente-ring van hierdie projek met die doel om volhoubare waterdienslewering aan die geaffekteerde gemeenskappe te verseker. 
‘n Tekort in die grootmaat watervoorsiening word gereeld ondervind by Kalksloot, Klippunt, Leseding en Swartkopdam, veral gedurende die somerperiodes. 
“Die enigste manier vir Dawid Kruiper Munisipaliteit (DKM) is om die relevante agterstande aan te spreek deur middel van ‘n kapitaalprojek-implementering. ‘n Gefaseerde benadering word dus aanbeveel. Volgens die detail-ontleding word dit sterk aanbeveel dat ‘n direkte grootmaattoevoerlyn vanaf die bestaande opgaarreservoir gebou word om Klippunt van ‘n meer volhoubare watervoorsiening te voorsien.
Altesaam 1 241      huishoudings sal baat vind by hierdie projekimplementering.       (Leseding: 309, Kalksloot/Klippunt: 891en Swartkopdam: 41)”  
Bykans presies ‘n jaar later is hierdie water te korte steeds ‘n probleem vir die gemeenskap van Kalksloot. Die afgelope weke het die gemeenskap hulle weer na die media, sosiale media en Afriforum gewend, nadat waterdruk van so aard is, dat voldoende watervoorsiening erg belemmer word.
 Die oplossing vir die swak waterdruk na Kalksloot en Klippunt is, volgens Werner Strauss van AfriForum Upington die water-toevoer-pyp wat glo al vir maande langs die N14 lek. Die lekkasie is slegs 'n paar 100m vanaf die Kalksloot-Klippunt pompstasie.
Volgens Strauss is die lekkasie al telke male gerapporteer, maar niemand van DKM het nog opgedaag om die lekkasie te herstel nie.
Intussen moet die mense van Kalksloot en Klippunt maar sonder drinkbare water klaarkom.
“As DKM nie dringend hierdie waterlekkasie herstel nie, sal ek dit self doen. Dit behoort ‘n kriminele oortreding te wees om mense sonder drinkbare water te laat!” se Strauss.