Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: AfriForum se Werner Strauss, die organisasie se koördineerder in die Noord-Kaap, het verlede week ‘n opvolg besoek aan Kakamas afgelê om die watersituasie te monitor.
Dit kom nadat hy die vorige week die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit by die Mense-regtekommissie (MRK), oor die water op Kenhardt, Kakamas en Keimoes - wat nie geskik is vir menslike gebruik nie, verkla.
Die klagte is teen Obakeng Isaacs, die munisipale be-stuurder, ingedien omdat hy versuim het om sy pligte - met betrekking tot die voorsiening van water en sanitasiedienste -  teenoor die gemeenskap na te kom. 

Dit het daartoe gelei dat inwoners nou al vir meer as drie maande lank nie toegang tot drinkbare water het nie.
AfriForum het verlede jaar bevind dat hoë vlakke van E. Coli  en fekale koliforme in Keimoes en Kakamas se water teenwoordig is, en dat dit nie geskik is vir menslike gebruik nie.
 AfriForum het watermonsters by ses verskillende punte in dié dorpe geneem en dit laat toets.
Die water is getoets ná inwoners dit onder die AfriForum-tak in Keimoes se aandag gebring het dat die water ’n onnatuurlike reuk en kleur het.
Kenhardt, nóg ’n dorp wat deur die munisi-paliteit bedien word, het nie eens water in sy krane om te toets nie. Die moedelose inwoners het ook nou ’n memorandum aan Isaacs oorhandig, om hom in kennis te stel van die gemeenskap se voorneme, om teen die swak dienslewering op die dorp te betoog.
“Dit is ’n basiese mensereg om toegang tot skoon en drinkbare water te hê. Dit wys net weereens dat die Kai !Garib-munisipaliteit nie sy plig nakom nie en dus die inwoners se gesondheid ook nou in gevaar stel,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.
Strauss doen ’n beroep op inwoners om nie die kraanwater te drink sonder om dit minstens te kook nie.
“Hierdie voorval is net nog ’n bewys van die algemene verval van munisipaliteite in die Noord-Kaap. AfriForum gaan die huidige waterprobleem monitor en aanhou om druk op die regering te plaas totdat daar ’n oplossing gevind word.”
AfriForum moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak - om druk op die regering te plaas -  om sy verpligtinge teenoor die gemeenskap na te kom. 
Toe die Gembsok en Afriforum die watersuiweringsaanleg op Kakamas wou besoek, het die werknemers gesê dat die munisipale bestuurder hulle verbied het om die media en organisasie toegang tot die perseel toe te laat.
Met ‘n vorige besoek het ons vasgestel dat daar nie suiweringsmiddels was om water te suiwer nie. Daar is ook hoë syfers E.Coli in die water gekry.