Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-VIOOLSDRIFT: Tydens roetine ondersoek by die Vioolsdrift-grens, is daar drie vuurwapens gekry.
 Saterdag, 24 Februarie 2024 om ongeveer 00:15, is 'n taxi wat die RSA vanaf die Namibiese kant binne gery het, op pad na Kaapstad, voorgekeer en deursoek.  Voordat die polisie die taxi deursoek het, het die bestuurder uitgespring en van die toneel gevlug en die assistentbestuurder en sewe passasiers in die voertuig gelaat. 
Toe hulle die voertuig verder deursoek, het polisielede drie vuurwapens onder die bestuurdersitplek ontdek. Dit was in 'n plastieksak versteek. Die assistentbestuur-der en die sewe passasiers is in hegtenis geneem en aangehou. 

Vioolsdrift SAPD ondersoek 'n saak van onwettige besit van vuurwapens. 
Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn.
Die provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, het aangedui dat pogings verskerp sal word by die landsgrense, in 'n poging om die toegang van onwettige vuurwapens by die grense wat die RSA binnekom, te voorkom.