Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Lede van die SAPD in die ZFM Distrik is vasbeslote om die gesag van die staat af te druk deur te veg vir die skep van ‘n dwelmvrye samelewing en die moontlikhede te verminder dat jongmense in die strik van dwelms val deur voortdurende soek- en beslagleggingsoperasies sowel as sigbare patrollies in brandpuntgebiede .
Op Donderdag, 11 Julie 2024 het die lede van Upington POP hoëdigtheidpatrollies in Kakamas uitgevoer, waartydens hulle kordon- en deursoekoperasies by twee persele uitgevoer het. Tydens die soektog by die geïdentifiseerde huis het hulle dagga ter waarde van R98 750.00 gevind.


Hulle het voortgegaan met die operasie in die area waar hulle nog ‘n soek- en beslagleggingsoperasie by die tweede geïdentifiseerde huis gedoen het, en hulle het beslag gelê op dagga ten bedrae van R36 000.00 en ‘n onbekende bedrag kontant. Die twee manlike verdagtes van 21 en 40 jaar oud is vir Handeling in Dagga aangehou en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Intussen is ‘n 26-jarige man tot ses jaar direkte gevangenisstraf vir dwelmhandel gevonnis.
Xavier Roelf (26) is tot ses jaar direkte gevangenisstraf deur die Upington-landdroshof opglê - nadat hy op 5 Julie skuldig bevind is aan die handel in dwelms.
Ao Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, het Maandag gesê die beskuldigde is saam met ander beskuldigdes tydens ‘n “Project Dumper”-afhaaloperasie in Februarie 2022 gearresteer.
Sy het aangedui dat die beskuldigde op borgtog vrygelaat is.
“Tydens die verhoor het ‘n aantal beskuldigdes skuldig gepleit, terwyl sommige skuldig bevind is as deel van die ‘Project Dumper’-ondersoek.
“Na ‘n lang verhoor is Roelf skuldig bevind en tot ses jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die handel in dwelms,” het Mnisi gesê.