Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK- KURUMAN: Op 11 Julie 2024 het die Mothibistad-streekhof ‘n 60-jarige man tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy 8-jarige niggie.
Die hof het gehoor dat die slagoffer op 10 Januarie 2022 na haar huis in Maruping Village teruggekeer het, nadat sy haar ouma vir Kersfees besoek het.
Die ma van die slagoffer het bloedvlekke op die kind se onderklere opgemerk. 
Toe sy gekonfronteer is, het sy onthul dat haar oom haar verkrag het - toe sy by haar ouma gekuier het.

 
Die voorval het op Kersdag plaasgevind.
Die saak is by die polisie aangemeld en die beskuldigde is daarna op 15 Januarie 2022 in hegtenis geneem.
Die beskuldigde is aan verkragting skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Hy is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit, en sy naam moet in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders opgeneem word.
Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola het die ondersoekbeampte, speurkonstabel Lorato Michelle Badukane van die Kuruman-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming, seksuele misdrywe, geloof vir die noukeurige ondersoek en die verkryging van ‘n stewige vonnis.