Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KURUMAN: Die Kuruman-streekhof het onlangs die 41-jarige Moses Leck Leier gevonnis vir die verkragting van ‘n 39-jarige vrou in Wrenchville naby Kuruman.
Op 27 Julie 2023 het die slagoffer haar verhouding met die beskuldigde beëindig en ‘n beskermingsbevel teen hom verkry.
Die beskuldigde het na die huis van die slagoffer gegaan en gedreig om haar met ‘n ketting te slaan. Hy het haar toe na sy huis gedwing, waar hy haar verkrag het.
Die slagoffer het die voorval by die polisie aangemeld en Leier is die volgende dag in hegtenis geneem.


Die beskuldigde is gevonnis tot 20 jaar gevangenisstraf vir verkragting - waarvan vyf jaar van die vonnis vir vyf jaar opgeskort is - op voorwaarde dat hy nie ‘n soortgelyke oortreding gedurende die tydperk van skorsing pleeg nie.
Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam moet in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders aangeteken word.
Die ondersoek is gelei deur speursersant Keitshwaretswe Tshikedi van die Kuruman-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe. 
Haar harde werk en deeglike ondersoek het die skuldigbevinding en vonnis verseker.