Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KLEINSEE:  Onwettige mynbou word ‘n toe-nemende risiko vir die volhoubaarheid van die mynbedryf in die Namaqua-distrik in die Noord-Kaap.
Die polisie het groot vordering gemaak in die stryd teen onwettige mynwerkers in die Namaqua-distrik, spesifiek in die Kleinsee-omgewing, deur 867 onwettige mynwerkers in hegtenis te neem tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie twee maande gelede.
Om die voortsetting van die bekamping van onwettige mynbedrywighede in die gebied te verseker, het die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, lt-generaal Koliswa Otola menslike en ander hulpbronne versterk om die herhaling van onwettige mynaktiwiteite in die gebied te voorkom.


Tussen 7 en 13 November 2023 het die polisie 46 persone gearresteer vir betreding, ongedokumenteerde immigrante en die besit van vermoedelik ongeslypte diamante.
Die polisie se misdaadvoorkomingsstop- en deursoekaksies het ook gelei tot die konfiskering van talle onwettige mynimplemente soos grawe, pikbyle, sakke wat vermoedelik diamantdraende gruis bevat, vermoedelik ongeslypte diamante, hamers en siwwe.
Die polisie sal voortgaan om die situasie te monitor om onwettige mynbou hok te slaan.