Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KLEINZEE: Die  Suid-Afrikaanse polisie sê die voorkoming en bekamping van onwettige mynaktiwiteite gaan onverpoosd voort in Kleinzee en omliggende mynbou-brandpuntgebiede.
Op Vrydag, 27 Desember 2024, het die multidissiplinêre spanne van Operasie Vala Umgodi intelligensiegedrewe, glo inligting ontvang oor ongedokumenteerde persone wat by Nuttabooi informele nedersetting in Kleinzee woonagtig is.
Die inligting is geoperasionaliseer en lede van die SAPD het saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) die informele nedersetting afgesper. 
Die polisie het die gebied takties genader en soektogte by elke informele huishouding gedoen.


Die soektog het gelei tot die arrestasie van vyftien ongedokumenteerde persone, wat tien mans en vyf vroue - tussen die ouderdomme van 40 en 49 - ingesluit het. 
Die polisie het ook beslag gelê op twee jackhammers van ‘n ongedokumenteerde vroulike verdagte. Die span het verder ‘n 20-jarige Suid-Afrikaanse manlike verdagte in hegtenis geneem, wat in besit gevind is van vermoedelik ongepoleerde diamante.
 Die afgelope week is onwettige mynbou en gepaardgaande kriminele aktiwiteite nog ‘n slag toegedien,  toe lede van Operasie Vala Umgodi intelligensie-inligting ontvang het en  ‘n ontwrigtende operasie uitgevoer het.
 Weglê-operasies is uitgevoer by die geteikende gebied waar die polisie toegeslaan het op agt verdagtes wat na bewering aktief by onwettige mynbedrywighede betrokke was.
Sewe buitelandse burgers en een Suid-Afrikaanse burger  - tussen die ouderdomme van 18 en 55 jaar oud - is daarna in hegtenis geneem vir onwettige mynbou, besit van vermoedelik ongeslypte diamante, betreding, en vir onwettige verblyf in die land.
Die publiek word aangemoedig om onwettige mynbou en ander verwante misdade aan te meld by die SAPD Crime Stop nommer by 08600 10111 of via die MySAPS App.