Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Dawid Kruiper se huurkontrak van Die Eiland Vakansieoord, laat nou die wenkbroue lig, aangesien die munisipaliteit glo probeer om huurgelde van altesaam R2.862 miljoen af te skryf.
 Sedert die Raad in 2022, teen verskeie opposisie raadslede se aanbeveling om die tender nasionaal te adverteer, gestem het, is daar agterdog oor die huurkontrak. 
DKM het, volgens raads-lede, eerder gekies om privaat onderhandelinge te voer, nadat hulle ‘n enkele aansoek ontvang het en hul voorneme om die oord te huur, plaaslik bekend gemaak. 
Dit het vermoedens van onbillike vooroordeel laat ontstaan.
 Daaropvolgende finansiële verslae het uitgelig dat die suksesvolle tenderaar, sedert die kontrak se aanvangsdatum op 1 Desember 2022, versuim het om betalings te maak.

 
DKM het ook volgens ingeligtes vir elektrisiteitsverbruik by die oord betaal. 
In Desember 2024 het die totale verlies aan huur- en diensteskuldinkomste ‘n bedrag van R3,8 miljoen beloop. 
Ten spyte hiervan het DKM versuim om boetes op grond van kontrakbreuk op te lê.
 Ingeligtes vanuit die raadsaal het aan die Gemsbok gesê dat die tenderkomitee die vrystelling van huurgelde op grond van die afgelope hoë vlakke van diefstal en vandalisme by die oord, en sy swak toestand toe dit verhuur is, regverdig. 
Rolspelers bevraagteken egter die regverdiging vir die vrystelling, aangesien die toestand van die oord aan beide die huurder en die verhuurder bekend was voordat die markverwante huurbedrag bereken was en die transaksie gefinaliseer is.
Dat die vrystellingbyvoeging tot die huurkontrak op 28 Junie 2024 onderteken is, blykbaar sonder die medewete van die raad - en dat DKM  geweier het om toe te tree tot die versoek om die kontrakteur op die kontrakdebiteurelys te plaas, dui waarskynlik op ‘n kritieke gebrek aan deursigtigheid in die bestuur van die huurkontrak. 
Dit baan die weg vir onderduimse en onetiese optrede binne die munisipaliteit. 
Gegewe dat die huurkontrak tot 30 Junie 2037 strek, dui dit ook op nie-nakoming van artikel 33 van die Wet op Plaaslike Regering, Munisipale Finansiele Bestuur, wat ‘n hoë vlak van aanspreeklikheid en deursigtigheid vereis in kontrakte wat langer as ‘n tydperk van drie jaar strek.
Sover die Gemsbok kon vasstel is ‘n klag by die Staatsdienskommissie ingedien. ’n Ondersoek na die Eiland se huur-kontrak sal help om wanadministrasie en korrupsie binne plaaslike regering te bekamp en om nakoming binne die staatsdiens te verbeter. 
Dit volg glo na die ouditeurgeneraal se aanbeveling aan die raad - om nie met die vrystelling voort te gaan nie.  
Die Eiland-oord is ‘n bekende Upington-landmerk en moet uiteindelik die plaaslike toerismebedryf en die plaaslike ekonomie bevoordeel.
Navrae oor die beweringe is aan Dawid Kruiper se kommunikasie afdeling ge-stuur, maar ter perse is nog geen reaksie ontvang nie.