Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

KAKAMAS: Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Kakamas sê hulle is op soek na ‘n verdagte in ‘n beweerde verkragtingsaak wat op 26 Januarie 2025 naby Voortrekkerstraat in Kakamas plaasgevind het.
Die verdagte het die slagoffer en haar kêrel op die genoemde datum aangeval en later teruggekeer en die slagoffer verkrag.
‘n Identiteit van die verdagte is saamgestel en hy is na raming in sy laat 20’s tot vroeë 30’s, ‘n bruin man wat Setswana en Afrikaans praat.

Die polisie versoek die bystand van die publiek en enige persoon wat moontlik inligting het wat tot die aanhouding en arrestasie van die verdagte sal lei, die ondersoekbeampte, konstabel Lesego Mokati by 079 697 7836 kontak.
Alle inligting wat ontvang word, sal met die strengste vertroulikheid hanteer word.