GEMSBOK-UPINGTON: Mnr. Bentley Vass, die LUR verantwoordelik vir Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake (COGHSTA), saam met die hoof van die departement, mnr Bafedile Lenkoe, die hoofdirekteur vir menslike nedersettings, mnr Gratitude Booysen, asook ander senior bestuurders het verlede week die kontrak met die twee IA Implementering agente ontmoet.
Die ontmoeting het gefokus op die bou van die huise oor die vyf (5) Distrikte, onder die 1 Billion Rand Presidensiële Behuisingsprojek, wat in Januarie 2024 deur President Cyril Ramaphosa in Kimberley geloods is.
LUR Vass wat die vergadering toegespreek het, het gesê dit is belangrik dat alle kontrakteurs hulle verbind tot die tydlyne vir die voltooiing van die projek, om te verseker dat hierdie huise aan die kwalifiserende begunstigdes oorhandig kan word.
Hy het die kontrakteurs aangemoedig om betyds met die departement te kommunikeer - wanneer daar kwessies is wat tot onnodige vertragings kan lei, aangesien gemeenskappe geduldig wag vir die voltooiing van hierdie vlagskipprojek van die Noord-Kaapse Provinsiale Regering.
In ‘n aparte vergadering het die LUR en die span ook met die uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatje Munisipaliteit (SPM), raadslid Martha Bartlett, wat die span van die SPM gelei het, asook met die burgemeester van die Pho-kwane Plaaslike Munisipaliteit, raadslid Willem Harmse, wat die span van die munisipaliteit gelei het, vergader.
Hierdie skakeling met die twee munisipaliteite in Frances Baard Distrik, wat deel is van die 1 Biljoen Rand Projek, was om hulle te evalueer oor die vordering wat gemaak is sedert die implementering van die Projek in 2024, en om sommige van die geringe uitdagings te bespreek wat ondervind word in sommige van die projekte wat in die twee munisipaliteite geïmplementeer is.
Beide munisipaliteite is daartoe verbind om sommige van die bekommernisse wat geopper is aan te spreek om te verseker dat die projektydlyn nie negatief beïnvloed word nie.
‘n Verbintenis is ook gemaak om aandag te gee aan alle ander behuisingsverwante aangeleent-hede, insluitend die uitreiking van titelaktes, aan begunstigdes.
LUR Vass, het reeds met die Dawid Kruiper en Kheis munisipaliteite in die ZF Mcgawu-distrik vergader, wat begunstigdes is van die 1 Biljoen Rand Behuisingsprojek, om hulle te beoordeel oor die projekontwikkeling.
Soortgelyke verbintenisse in die oorblywende drie distrikte van die Noord-Kaap sal tussen Februarie en Maart 2025 plaasvind.