Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KALKSLOOT: “Sy was ‘n lieflike mens en kon so maklik vriende maak. Altyd so opgeruimd wanneer sy tussen haar vriende gekuier het”, vertel Elfreda Eiman (52), die ma van Petrochelle Springbok (34) wat saam met haar vriendin, die 23-jarige Luwina Swartz op 5 April  tragies in ‘n motorongeluk gesterf het. 
Petrochelle was swanger en moes inderhaas na die hospitaal in Upington gebring word toe haar water breek. Sesbrugge is 15 km van Upington en ‘n buurvrou, Tiesie Titus (36) het teen sesuur die middag Petrochell, Luwina, Maryna Mienies (45) en Sharon Sauls in haar Polo Vivo gelaai en afgesit na die Dr. Harry Surtie-hospitaal. 


In die omgewing van Kameelmond, sowat drie kilometer buite Upington het die bestuurder beheer oor die voertuig verloor, die pad verlaat en gerol. 
Luwina is op die ongelukstoneel dood en Petrochelle het met haar aankoms in die hospitaal aan haar beserings beswyk. Daar was toe ook vasgestel dat die baba nie die ongeluk oorleef het nie. 
Volgens Tiesie was die ambulans van vroeg af in kennis gestel om vir Petrochelle hospitaal toe te neem. “Hulle en die polisie het eers laat daar by die ongelukstoneel opgedaag”, het sy gesê. Tiesie se linkerskouer is gebreek en Maryna het diep skrape aan haar linkerbeen opgedoen. “Ek weet nie wat gebeur het nie. Dit was so skielik”, het Tiesie gesê.
Tiesie Titus is ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat op Upington gestasioneer is. Met ons ter perse gaan was Sharon Sauls (39) nog steeds in die hospitaal met ‘n gebreekte knie.
“Luwina was ‘n tipiese lewenslustige jongmens wat die lewe geniet het”, sê haar 40-jarige ma Cecilia. Almal hier weet hoe sy was - Respekvol, vriendelik en mooi gemanierd”. Die twee vrien-dinne is Saterdagoggend vanuit die Rooms Kato-lieke kerk in Sesbrugge ter ruste gelê.
Petrochelle word oorleef deur haar ouers, ‘n dogtertjie, twee susters en ‘n broer. Luwina laat haar ouers, drie susters en vier broers agter.      
* Berig: 
Nick Pretorius