GEMSBOK-POFADDER: Vyf Pofadder-mans moet lewenslank opgesluit word, nadat hulle die kwesbaarheid van ‘n 9-jarige meisie uitgebuit het.
Die jong kind is wees gelaat ná die afsterwe van haar ma en ouma en is ongelukkig tussen 2017 en 2020 deur die vyf beskuldigdes verkrag.
Sy is in die sorg van haar tante geplaas, wat die voorvalle by die departement van maatskap-like ontwikkeling in Pofadder aangemeld het en daarna is ‘n ondersoek deur die SAPD van stapel gestuur.
Speurder sers JR Nortjé sê hy was baie emosioneel tydens die vonnisoplegging. Hy het gehuil in die hof omdat daar uiteindelik geregtigheid vir die slagoffer is. Hy is bly dat sy ses jaar se werk nou suksesvol afgehandel is.
Vanaf 2020 toe saak na die hooggeregshof verwys is, het speur.sers Nortjé voortgebeur om die “expert” getuies voor te berei vir die hof. Hy moes die slagoffer self deur die proses geneem het ter voorbereiding van die saak omdat sy kognitief gestremd is.
Nadat haar pleegouers die saak in 2020 aangegee het en sers Nortje die saak begin ondersoek het, is die slagoffer na Kamieskroon se kinderhuis oorgeplaas, veral omdat die vyf mans borgtog gekry het.
Voordat die landdros sy vonnis gelewer het, het hy die kwessie van gesinsgeweldsake fel aangespreek en spesifiek in hierdie unieke saak waar familielede die meisie oor ‘n lang tydperk verkrag het. Hy het gesê dat twee beskuldigdes familielede was en hulle haar misbruik het omdat sy “wees” was .
Al die beskuldigdes is gedurende September 2020 gearresteer en borgtog is suksesvol deur die SAPD teengestaan.
Die hooggeregshof in Upington het die mans op 20 Desember 2024 skuldig bevind en op 10 April 2025, is hulle as volg gevonnis:
Beskuldigde 1: Waybril Gertse (41) - Lewenslange gevangenisstraf
Beskuldigde 2 : Graham Gertse (31) - Lewenslange gevangenisstraf
Beskuldigde 3 : Virnit Priega (40) - 25 jaar gevangenisstraf
Beskuldigde 4 : Alfonsus Visagie (55) - 18 jaar gevangenisstraf
Beskuldigde 5 : Andre Magerman (34) - Lewenslange gevangenisstraf.
Verder sal hul name in die Nasionale Register vir Seksoortreders geregistreer word, en hulle is onbevoeg verklaar om vuurwapens te besit.
Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola het speur-sersant John Nortje van Pofadder GKS geloof vir sy onwrikbare toewyding en noukeurige ondersoek wat tot hierdie uitstaande GBVF-skuldigbevindings gelei het.
Sy het herhaal dat die SAPD in samewerking met aanklaers sal voortgaan om die plaag van GBVF te beveg en het die Nasionale Vervolgingsgesag geloof vir hul rol om te verseker dat geen straffeloosheid aan die plegers van hierdie gruwelike misdade toegestaan word nie.