Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Lede van Mothibistad SAPD-lede het op 27 Februarie 2025 inligting opgevolg oor ‘n sekere huis in Magojaneng waar vee na bewering aangehou word.
Die inligting is geoperasionaliseer deur Vispol-bevelvoerder, kaptein Nomvuyo Makoloi, die speurbevelvoerder, kaptein Sethunya Letshwiti saam met Vispol-lede.
Die verdagte is geïdentifiseer en die voertuig wat vermoedelik die vee vervoer, is ook bevestig.
Met aankoms by die geïdentifiseerde perseel is die inligting bevestig dat die drie mans wat die Isuzu-bakkie bestuur het, vertrek het en met een skaap na Seodin gery het.


Adjudant-offisier Obakeng Mecwi van die Kuruman Veediefstal en Bedreigde Spesies-eenheid en sy span is geaktiveer en hulle het daarin ge-slaag om die Bakkie in Bankhara Bodulong op te spoor met bewyse dat skape binne aangehou is.
Die drie mans is ondervra en toe na die adres van een van hulle geneem.
Met aankoms by die huis in Magojaneng het die polisie sewe skape ontdek wat met draad vasgebind was binne die huis.
Die eienaar het versuim om ‘n verduideliking of bewys van eienaarskap van die vee te gee.
Daarna is drie mans van 60, 37 en 38 jaar oud in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde vee.
Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Mothibistad-landdroshof verskyn.