Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-MOTHIBISTAD: ’n Video wat wys hoe ‘n, oënskynlik dronk - Noord-Kaapse polisiekonstabel steier en langs die pad val, het die afgelope week soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei.
Lt Kol Mashay Gamieldien, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê ‘n dienskonstabel verbonde aan die Mothibistad-polisiestasie is die naweek deur sy kollegas aangekeer omdat hy na bewering ‘n staats-voertuig bestuur het terwyl hy onder die invloed van drank was.
Gamieldien het gesê die konstabel het reeds voor die Mothibistad-landdroshof verskyn - op aanklag van dronkbestuur, nalatige en roekelose bestuur en vir die gebruik van ‘n staatsvoertuig sonder die eienaar se toestemming veren is tans uit op borgtog.


Die provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, lt-genl Otola, het die voorval veroordeel en sê interne departementele prosesse is aan die gang in ooreenstemming met die SAPD 2016-dissiplinêre regulasies.
“Polisiebeamptes is bedoel om deur voorbeeld te lei. Ons verwag nie die gedrag wat in ‘n video uitgebeeld is van enige van ons lede nie.
 Die video wat op X (voorheen Twitter) gedeel is,  deur die anti-misdaadaktivis Yusuf Abrambjee, is ‘n polisiebeampte in volle uniform opgeneem waar hy op die pad strompel en sukkel om sy ba-lans te behou.
Sy kollega word gesien hoe hy probeer om hom te help staan, maar hy val uiteindelik neer en lok die gelag van gemeenskapslede uit.
Een van die gemeenskapslede kan gehoor word wat uitroep: “Heeee bonang”, wat vertaal word as “Kom kyk dit”.
‘n Ander stem kan gehoor word wat sê: “Etsa video”, wat beteken “Neem ‘n video”.
In die video blyk dit dat die polisiebeampte al ‘n geruime tyd sukkel om te staan. 
’n Gemeenskapslid sê sy het haar motor se gevaarligte geaktiveer om hulle aan te spoor om van die pad af te beweeg, net om te ontdek dat dit ’n “dronk” polisiebeampte was.

*Die video is te sien op Gemsbok 
         se  Facebookbad.