Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

 GEMSBOK-POSTMASBURG:   In ‘n ontstellende ontwikkeling, minder as 72 uur ná ‘n soortgelyke ongeluk by ‘n spooroorgang  in Mpumalanga, waar ‘n Transnet-trein met ‘n skoolbus gebots het, het nog ‘n ernstige voorval by die Tsantsabane- en Groenwater-spooroorgang, net buite Postmasburg in die Noord-Kaap, plaasgevind. 
(Ses leerders van 16 tot 18 jaar oud is dood en tien ander ernstig beseer in die ongeluk by Mpumalanga).
 Dié tragiese gebeurtenis, wat op 4 Augustus omstreeks 14:00 plaasgevind het, het tot vier sterftes en twee kritieke beserings gelei. 
Die slagoffers was insittendes van ‘n bakkie wat met ‘n Transnet Freight Rail-trein gebots het.


Daar word beweer dat die voertuig op die treinspoor vasgeval het, toe van die volwassenes van die bakkie afgespring het om dit oor die spore te stoot. 
Vier persone is op die toneel dood, waaronder twee vroue, een man wat die bestuurder van die bakkie was, en ‘n sesjarige seuntjie. 
Drie persone het beserings opgedoen en word in die hospitaal behandel.
Spoorwegveiligheidsreguleerder-inspekteurs is tans op die terrein en doen ‘n voorlopige ondersoek om die omstandighede van hierdie jongste voorval vas te stel. 
Die bevindings sal met die publiek gedeel word sodra dit beskikbaar is.
Mmuso Selaledi, waarnemende hoof uitvoerende beampte, het sy innige meegevoel uitgespreek en gesê: “Ons harte gaan uit na die families wat deur hierdie verwoestende voorvalle geraak is. Ons word daagliks herinner aan die kritieke belangrikheid van spoorveiligheid, veral by spooroorgange. Die RSR is daartoe verbind om veiligheidsmaatreëls te verbeter en onvermoeid te werk om te verseker dat sulke tragedies nie herhaal nie. 
Veiligheid by spooroorgange is ’n gedeelde verantwoordelikheid, en ons doen ’n beroep op beide die publiek en bedryfsbelanghebbendes om streng by veiligheidsprotokolle te hou.”