Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-SPRINGBOK: Die Springbok-polisie het, met die arre-stasie van vier verdagtes en die beslaglegging op onwettige middels ter waarde van meer as R181 000 in Nababeep, aansienlike vordering gemaak in die stryd teen dwelms.
Volgens die Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock, het lede van die Springbok SAPD Openbare Orde Polisie, B-Platoon, klopjagte op vermeende dwelmhuise in Nababeep uitgevoer.
Kock het gesê die operasie het op 25 Julie omstreeks 20:40 plaasgevind.


 Tydens die deursoe-king van ‘n perseel het die polisie beslag gelê op tik met ‘n geraamde straatwaarde van R139 500, dagga ter waarde van sowat R5 475 en mandrax ter waarde van sowat R36 060. 
Daar is ook beslag gelê op ‘n onbekende bedrag kontant, wat vermoedelik opbrengs uit dwelmhandel is.
Vier mans tussen 22 en 43 jaar oud is in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel en moet binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn.
Kock het beklemtoon dat die aanpak van dwelmverwante misdade ‘n top prioriteit vir wetstoepassing in die Noord-Kaap bly. 
Die polisie sal voortgaan om hul pogings om dwelmhandel hok te slaan en die gemeenskap te beskerm te verskerp.