Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Verlede  Donderdag het die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika (ACSA) ‘n volskaalse noodoefening by die lughawe gehou.
‘n Moontlike kaping is by die Upington Internasionale Lughawe nageboots. 
Verskeie rolspelers het aan die oefening deelgeneem.
Dit het as volg afgespeel: 
ACSA kan bevestig dat die moontlike kaping van 'n Airlink-vliegtuig op 'n inkomende vlug vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe (CTIA) Donderdagoggend by die Upington-lughawe aangemeld is. 'n Kennisgewing aan Vliegtuie (NOTAM) is kort daarna deur Lugverkeernavigasiedienste (ATNS) om 09:44 uitgereik.


ACSA kan bevestig dat daar 27 passasiers en drie bemannings-lede aan boord van die vliegtuig was ten tye van die voorval. Rampbestuur, Mediese Nooddienste, Munisipale Brandweer, Hazmat-eenheid, Lugdiens en die Suid-Afrikaanse Polisiedienste (SAPD) is onmiddellik op die terrein geaktiveer om die ontvouende situasie te bestuur.
Sodra 'n ongeluk-alarm geaktiveer is, en die voorval wat aangemeld is, is geëskaleer na 'n fase 3-noodgeval. ACSA kan bevestig dat 11 passasiers wat ge-ringe beserings opgedoen het na 'n veilige area vervoer is terwyl opnames van beseerdes voortgegaan het. 
Altesaam 12 passasiers is na die twee plaaslike hospitale vervoer. Tragies genoeg is sewe sterftes aangemeld.
Upington Internasionale Lughawe kan bevestig dat geen vlugte geraak is nie. Die toneel is veilig verklaar deur die SAPD en die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (SACAA) het volgens ingelig.