Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Dawid Kruiper Munisipaliteit sê hy het  alle fokus na grootmaatwateropgraderings verskuif om watersekerheid te verseker - aangesien die hele SA tans ‘n toename in watertoe-voeronderbrekings en -tekorte ervaar. 
Daar is talle deurlopende projekte. Vir die 2022-2023 finansiële jaar is Kalksloot/Klippunt,voorsiening, Swartkopdam &Leseding Water Treatment Works opgegradeer na die waarde van R5.5 miljoen. 
Lambrechtsdrift en Leerkranz Waterbehandelingswerke, insluitend Upington Sentrale Reservoir, sal vir die bedrag van R6,75 miljoen gedurende die 2023-2024 finansiële jaar opgeknap word. 


‘n Multidissiplinêre Professionele Raadgewende Ingenieurs is aangestel en doen tans ‘n algehele hidrouliese en voorwaardelike assessering van die hele Dawid Kruiper Munisipaliteit, insluitend die produsering van tegniese verslae en besigheidsplanne om grootmaat-opgraderings te finansier. 
Hierdie projek is ter waarde van R23,9 miljoen en sal oor ‘n tydperk van 3 jaar geïmplementeer word sodra verdere befondsing verkry is. 
Verder sal ‘n grootmaat- “smart-water-projek” - ter waarde van R2,1 miljoen in Oktober 2023 ‘n aanvang neem om waterverliese te verminder en inkomste in die sakesektor te verhoog. 
Die Precinct Development-projek behels die opgradering van grootmaat water- en paddienste tot die waarde van R60 miljoen om voldoende watersekuriteit vir die ontwikkelende sakegebied te verseker. Ons doen ‘n beroep op die publiek om water spaarsamig te gebruik gedurende die pieksomerperiode om watersekerheid aan alle inwoners te verseker. 
DKM sal die publiek periodiek in kennis stel indien watertekorte of onderbrekings ervaar word.
Indien inwoners enige navrae het oor waterkwaliteit of projekte kan hulle vir This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. kontak /This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it./ This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .za / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of (054) 338 7181 / (054) 338 7075/ (054) 338 7473 /7430/7061 of DKM whatsapp 0649538130.