Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die drie beskuldigde Nigeriese burgers - wat aangekla word van sameswering om moord te pleeg, sowel as verkragting - het in die Upington-distrikshof verskyn, waar hulle amptelik om borgtog aansoek gedoen het. 
Die drie beskuldigdes was deel van ‘n groep van sewe verdagtes wat op 15 Oktober 2023 in Upington gearres-teer is.
 Die beskuldigdes Paul Ogor Ndudiokwe (46), Obinna Igbo-kwe (39), en Kenneth Ozor Onurarah (53), word saam met ander verdagtes daarvan beskuldig dat hule in ‘n vergadering - wat by ‘n huis naby die dorp in Upington gehou is, saamgesweer het om sekere polisiebeamptes te vermoor.
Hulle motief om die polisiebeamptes te wil vermoor, is omdat hulle hul gereeld arresteer vir die besit of handel, van dwelms. Hierdie arrestasies het hul besigheid seergemaak en veroorsaak dat hulle geld verloor het.

 
Die beskuldigdes is deur die polisie in hegtenis geneem - nadat hulle ‘n intelligensieverslag, van ‘n getuie wat die samesprekings tussen die verdagtes, wat vermeende dwelmhandelaars in Upington is, aangehoor het - ontvang het.  Tydens dié vergadering word beweer dat een verdagte ook gesê het dat hy die vrou van een van die beamptes voor hom wou verkrag.
Die aanklaer het borgtog teengestaan, gegewe die erns van die aanklagte teen die beskuldigde. 
Al het die aanklaer borgtog teëgestaan, het die hof die beskuldigdes borgtog van R10 000 elk toegestaan, met voorwaardes dat hulle geen kontak met staatsgetuies moet maak nie, en hulle moet ook twee keer per week by die naaste polisiestasie aanmeld. 
Die saak is tot 11 Desember 2023 uitgestel.