Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-VIOOLSDRIFT: Die polisie ondersoek ‘n skietvoorval by Vioolsdrift in die Noord-Kaap waarin ‘n prokureur van Knysna en ‘n boer van die Overberg in die Wes-Kaap dood is.
Die verdagte, die 59-jarige Jacob (Japie) Dawid Malan Claassens van Vioolsdrift, het reeds Dinsdag, 31 Oktober in die Springbok-landdroshof verskyn, het kol Cherelle Ehlers van die Noord-Kaap SAPD Mediasentrum gesê.
Ehlers het gesê die skietvoorval het Maandag, 30 Oktober, omstreeks 04:30 plaasgevind.
Vier mans het glo by die verdagte op die kleinhoewe in Vioolsdrift gekuier - toe bure Maandag in die vroeë oggend-ure geweerskote gehoor en ondersoek gaan instel het.


Met sy aankoms het die verdagte glo erken dat hy die twee mans geskiet het.
 Hy het glo gedink dat hulle inbrekers is en wou homself aan die polisie oorgee.
Die polisie het dadelik by die toneel opgedaag en twee beseerde mans gevind - wat per ambulans na ‘n hospitaal in Upington vervoer is.
Die twee slagoffers, onderskeidelik 54 en 56 jaar oud, het op Woensdag, 1 November, aan hul beserings beswyk.
Die polisie het twee Wes-Kaapse mans geïdentifiseer  en  kolonel Cherelle Ehlers, het Vrydag bevestig dat die slagoffers die 54-jarige Coenraad de Beer en die 56-jarige James Kriel is.
Die verdagte bly in aanhouding tot sy borgtog-aansoek, wat op Dinsdag, 7 November aangehoor sou word.
Die uitslae van die borgaansoek was ter perse nog nie aan die Gemsbok beskikbaar nie.
Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek, het Ehlers gesê.