Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die departement van korrektiewe dienste het gerugte dat die voormalige Noord-Kaapse LUR vir Finansies, John Block op parool vrygelaat is, weerlê. 
Dit volg op ‘n Noord-Kaapse hooggeregshofbevel in September wat die Upington-korrektiewe toesig- en paroolraad opdrag gegee het om sy besluit om Block-parool te weier, te hersien.
Die voormalige LUR van  Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme in die Noord-Kaap - dien sedert 2016 ‘n 15 jaar vonnis uit vir korrupsie.
‘n Woordvoerder van Korrektiewe Dienste, Singabakho Nxumalo sê Block sal eers vir parool oorweeg word - nadat hy sy minimum vonnis uitgedien het.


“As die korrektiewe dienste kan ons bevestig dat mnr. Block in aanhouding bly, aangesien hy nog die minimum aanhoudingstydperk moet uitdien  - wat hom dan in aanmerking sal stel om vir paroolplasing oorweeg te word. Hy bly dus in hierdie stadium ’n gevangene totdat die minimum aanhoudingstydperk uitgedien word, wat dan die pad vorentoe bepaal - wat deur die paroolraad gekyk sal word.”
Intussen het dit ook aan die lug gekom dat 
Frans Kgomo, die voormalige regterpresident van die Noord-Kaap, voel steeds beledig deur ‘n bewering wat Block oor hom gemaak het – soveel so dat hy ‘n gesamentlike lastersaak van R7,5 miljoen teen Block en sy twee regsverteenwoordigers. Kgomo beweer  hy is belaster toe Block in ‘n beëdigde verklaring tydens sy 2016-verhoor voor regter Violet Phatsoane verklaar het dat Kgomo onbehoorlike invloed op haar as die voorsittende beampte uitgeoefen het.