Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK- POSTMASBURG: Die Delportshoop-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoekdossier geopen nadat ‘n manlike pasiënt in ‘n saal by die Postmasburg-hospitaal gehang gevind is.
Die pasiënt is glo in die hospitaal opgeneem nadat sy familie hom op 23 Oktober daarheen gehaas het.
Die oorledene is op 26 Oktober deur ‘n vroulike pasiënt gevind, waar hy in sy kamer gehang het.
Sy familielede het die hospitaal van “nalatigheid” beskuldig en hulle beplan om regstappe te neem - aangesien hulle sê die pasiënt  “nooit behoorlik versorg is nie”.


Hulle het gesê hy is net op ‘n drip gesit en toe later “in die steek gelaat” - deur na ‘n vuil kamer sonder linne en gordyne geskuif te word.
Volgens die familielede moes hulle daagliks na hul geliefde omsien - omdat daar nie verpleegsters of skoonmakers in die hele saal was nie.
Hulle het gesê hulle moet hom bad en sy kamer skoonmaak.
’n Familiewoordvoerder sê die man is na die hospitaal gehaas, nadat hy swakheid en verlies aan eetlus by die huis ervaar het.
Hy het bygevoeg dat hulle hom voorheen na die kliniek geneem het, waar sy bloed getrek is vir toetsing. Hulle het nog op sy bloedtoetsuitslae gewag toe sy toestand vererger het.
Familielede het gesê hulle het die pasiënt twee keer per dag besoek, gedurende besoekure.
“Met aankoms by die hospitaal op Maandag, 23 Oktober, is hy op ‘n drip gesit en suurstof opgesit aangesien hy ook kortasem ervaar het. ’n Familielid het die eerste nag langs sy bed deurgebring,” het die gesinsverteenwoordiger gesê.
“Dinsdagaand was hy steeds sonder toesig, met dieselfde drip van die vorige dag, wat nou leeg was. Sy bloed het ook nou in die drip gelek en ook op die vloer en die bed gemors.
“Ons het hom Woensdag in die leë, vuil kamer gekry. Ek het ’n suster van ’n ander saal gaan bel en sy het gesê sy werk nie in daardie saal nie. Die suster het verduidelik dat daar niemand in daardie saal toegewys is nie en dat selfs die skoonmakers nie opgedaag het nie.
“Dit is toe dat ons besluit het om self die pasiënt se kamer skoon te maak. Ons het die vloere geskrop, gevra dat linne op sy bed gesit word en die pasiënt gebad.
“Daar was geen gordyne op die venster nie, geen deur nie en die toilet was vuil en buite werking. Daar het ook ‘n kateter in die wasbak gelê.
“Ons het die pasiënt na ’n ander saal gery sodat hy ’n nuwe drip kan kry.”
Die familie het gesê hulle is in die vroeë oggendure van Vrydag 27 Oktober deur die polisie wakker gemaak en ingelig dat die pasiënt homself in sy kamer opgehang het.
Hulle het daarop gewys dat die pasiënt altyd kla oor die “slegte behandeling” by die hospitaal.
Die familie het verder beweer dat die hospitaal “geen berou getoon het nie en nie verskoning gevra oor die voorval”.
“Die hospitaalraad het selfs die vermetelheid gehad om ons in te roep en vir ons te sê om nie die media hierby te betrek nie.
“Ons was in ‘n vergadering met die hospitaal HUB en die burgemeester van Tsantsabane Plaaslike Munisipaliteit, Helena English, wat gesê het hulle is deel van die hospitaalraad. Hulle het gesê hierdie saak moet tussen ons bly.”
’n Lid van die familie het daarop gewys dat dit nie die eerste “ongelukkige voorval” is wat hy by die hospitaal ervaar het nie.
Hy het beweer dat die verpleegsters by die hospitaal die ligte afskakel en saans gaan slaap sonder om enige rondtes te doen, net om op te staan en af te klop vir die volgende skof om soggens oor te neem.
“Ek het amper my seun in Junie verloor toe hy vir ‘n besnydenis gegaan het,” het die familielid gesê. “Hulle het die gips te styf op hom vasgebind en ek het hom teruggeneem toe hy uitdagings begin ervaar het.
“Met my aankoms daar was niemand bereid om my te help nie, so ek is direk na die dokter se hut toe. Ek het gevind dat die arrogante dokter bloedmonsters van ‘n dronk man geneem het en ek het die doel van my besoek aan hom verduidelik.
“Hy het net stilgebly, klaargemaak wat hy gedoen het en omgedraai om weg te loop. Toe ek hom wou volg, het hy gedreig om die polisie te ontbied.” Die familielid het gesê hy het geen ander keuse as om met sy seun na die Lenmed-hospitaal in Kimberley te jaag nie, waar hy R26 000 moes betaal nadat sy seun vir twee dae opgeneem is.
Die Noord-Kaapse departement van gesondheid het gesê hy is bewus van die ongelukkige voorval by die Postmasburg-hospitaal en het sy “diepste en opregte meegevoel” aan die bedroefde familie oorgedra.
Lulu Mxekezo, woordvoerder van die departement, het gesê die departement is tans besig met ‘n uitgebreide ondersoek om al die feite van die voorval vas te stel.
“Toepaslike optrede sal geïmplementeer word nadat die ondersoek afgehandel is,” het Mxekezo gesê. “Die pasiënt is van die kliniek na die hospitaal verwys vir verdere bestuur. Hy is steeds bestuur en ondersoek terwyl die voorval gebeur het. Ongelukkig kon die negatiewe sielkundige geaardheid van die pasiënt nie opgespoor en dienooreenkomstig bestuur word nie.”
Mxekezo het gesê die departement is voortdurend in gesprek met die geaffekteerde familie.