Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KAKAMAS: Dit lyk asof die probleme met die waterkwaliteit van die Kai !Garib Munisipaliteit in Kakakams net eenvoudig nie onder beheer kom nie.
 Skaars twee weke gelede het inwoners van die Langverwachtwoongebied op sosiale media gekla - dat hulle kraanwater onbruikbaar is.
Die woordvoerder van die Kai !Garib Munisipaliteit, Mary-Ann Pienaar, het aan die Gemsbok ‘n persverklaring uitgereik - waarin ‘n foutiewe klep in die sisteem as die rede vir die koffie-kleurige, slegte reuk, kraanwater van Langverwacht uitgekryt is.


Pienaar het bevestig dat die klep herstel is en dat die netwerk “gespoel is om van die oormatige sediment ontslae te raak”.
Maar dit was duidelik nie die laaste sien van die blikkantien nie...
“Vanaf 24 October 2023, het Kakamas Belangegroep begin water klagtes ontvang wat begin het met vuil water, toe lae druk water, toe geen water - toe vuil water en nou weer stink water. Afirforum het begin water monsters neem om te toets, maar hoe meet ‘n mens die reuk van vrot water?” vertel Rozanne Van Rensburg -voorsitter van die Kakamas Belangegroep.
Menigde klagtes is volgens haar ingestuur na die munisipale oproepkantoor  - “asook op die sosiale media groepe versprei om antwoorde  te kry, waar toe gesê is, dat daar meer chloor bygevoeg is om “die probleme” op te los.”
Rozanne sê dit het glad nie die probleem opgelos nie
 “Ons in Kakamas sit nog steeds met water wat vrotter as vrot ruik en geen mens kan dit hou om te stort, bad, skottelgoed of wasgoed te was nie!
Daar is genoem dat -van Mnr Lenkwe by COGHSTA, asook die munisipale bestuurder, goed bewus van die probleme is - “maar geen regmaak of terugvoering van die munisipaliteit kom terug na die gemeenskap nie”. 
 Twee weke gelede is aangevoer dat ‘n foutiewe klep in die sisteem, geen chemikalië en ‘n gebrek aan kommunikasie het daartoe gelei dat die inwoners van Langverwacht by Kakamas die afgelope tyd nie hulle water kon drink nie.
Dit is toe dat die Gemsbok ‘n stemboodskap van ‘n werknemer van die munisipale watersuiweringsaanleg opgespoor het - waarin hy meen dat daar reeds vir ‘n geruime tyd geen chemikalië  is om die water te behandel nie en dat die water al na alge ruik. 
Die werknemer meen die persone wie verantwoordelik is vir die aankoop van die chloor en vlok, het dit nooit verskaf nie. 
Die stemboodskap is ook aan die munisipaliteit gestuur - maar in hul persverklaring het geen haan daarna gekraai nie.
Tog in ‘n skrywe aan die Kakamas Belangegroep het Obakeng Isaacs, munisipaleit bestuurder vir Kai !Garib, weergegee dat daar ‘n miskommunikasie tussen die amptenare was en dat daardie chemikalië beskikbaar was. Dit volg nadat die groepe na die munisipale bestuurder uitgereik het - om die haglike toestand van die water onder sy aandag te bring.
“Ons wil weereens ‘n oop kommunikasiekanaal hê - om die gemeenskap bewus te hou van wat aangaan met betrekking tot instandhouding en probleme wat elke lid van die gemeenskap van Kakamas onder die Kai !Garib Munisipali-teit raak,” lui die skrywe. Isaacs het kommunikasie tussen die twee rolspelers verwelkom.
Hy het aan Rozanne gesê dat mnr Meyer Clarke bevestig  het dat die chemikalië wel beskikbaar was.
 “Ons amptenare moet net met mekaar praat. As daar ‘n tekort aan chemikalië  is, moet hulle met mnr Clark praat. Mnr Clark sal met die betrokke amptenaar praat en die situasie regstel.” het hy in sy epos gesê. Die Gemsbok berig byna elke somer (tussen November en Februarie) oor die gebrek aan drinkwater in hierdie gebied.  
Vanjaar blyk dit geen uitsondering te wees nie.
Een van die inwoners het aan die Gemsbok gesê dat sy, as gevolg van haar kanker - nou in gekoopte water moet bad - “anders het ek groot probleme. Ek sit klaar met infeksie in die wonde”. 
 Gaan Kakamas en omliggende areas se drinkwater weer tydens, wat beskryf word as die warmste somer in dekades, weereens tydens hierdie feesseisoen - nie geskik wees vir menslike gebruik nie?