Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Dawid Kruiper Munisipaliteit het vroeër verlede week ‘n dreigende waterkrisis aangekondig.
DKM meen die aanvraag het die afgelope twee jaar erg toegeneem, weens die uitbreiding van die dorp en die infrastruktuur wat onder druk is.
Die munisipaliteit sê al die woongebiede word geraak, weens die erge hitte asook toenemende aanvraag. 
Om hierdie dreigende waterkrisis aan te spreek, het die munisipaliteit met ‘n strategie vorendag gekom - vir die vermindering van waterverbruik.
“Dit word dus vereis dat alle inwoners saamwerk en  die versoekte strategie vir die vermindering van waterverbruik, nakom.
As ons nie vordering maak - om te verseker dat verbruik verminder word nie, sal wateronderbrekings meer gereeld, ernstig word en meer gebiede sal op ‘n voltydse basis geraak word!” waarsku DKM.


Wat presies die waterbesparingsplan van die verskeie woongebiede verlang, is nie deur DKM duidelik gemaak nie.
’n Waterbesparing- en vraagbestuurstrategie is beplan en is tans in implementeringsfase. 
Verder is talle grootmaatwateropgraderings reeds aan die gang. 
Die munisipaliteit het ‘n volledige waterstelselontleding deur ‘n onafhanklike konsultasiefirma voltooi wat huidige en toekomstige waterbehoeftes verifieer, asook prioriteitsprojekte en sakeplanne daar stel.
Spesifieke groot kapitaalprojekte en kleiner waterprojekte sal in lyn gebring word met alle munisipale toelaes.
“Ons verstaan ​​dat water ‘n basiese mensereg is, maar ons as die munisipaliteit en inwo-ners moet gesament-like verantwoordelikheid neem om te verseker dat ons water spaarsamig gebruik”.
DKM versoek inwo-ners om pogings in hul huise aan te wend om waterverbruik te verminder  - met die oog daarop dat die verouderende infrastruktuur onder erge druk is en die verbruik buitengewoon hoog is.
Die inisiatiewe is om te verseker dat water alle inwoners bereik en nie oorbenut word nie, terwyl talle gebiede deur onderbrekings geraak word.
Geen duidelikheid oor wat die genoemde strategie behels, kon ter perse beskikbaar gestel word nie.