GEMSBOK- KURUMAN: Op 11 Julie 2024 het die Mothibistad-streekhof ‘n 60-jarige man tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy 8-jarige niggie.
Die hof het gehoor dat die slagoffer op 10 Januarie 2022 na haar huis in Maruping Village teruggekeer het, nadat sy haar ouma vir Kersfees besoek het.
Die ma van die slagoffer het bloedvlekke op die kind se onderklere opgemerk.
Toe sy gekonfronteer is, het sy onthul dat haar oom haar verkrag het - toe sy by haar ouma gekuier het.
Man wat eks verkrag gevonnis
GEMSBOK-KURUMAN: Die Kuruman-streekhof het onlangs die 41-jarige Moses Leck Leier gevonnis vir die verkragting van ‘n 39-jarige vrou in Wrenchville naby Kuruman.
Op 27 Julie 2023 het die slagoffer haar verhouding met die beskuldigde beëindig en ‘n beskermingsbevel teen hom verkry.
Die beskuldigde het na die huis van die slagoffer gegaan en gedreig om haar met ‘n ketting te slaan. Hy het haar toe na sy huis gedwing, waar hy haar verkrag het.
Die slagoffer het die voorval by die polisie aangemeld en Leier is die volgende dag in hegtenis geneem.
Man vas vir kuberbedrog en geldwassery
GEMSBOK-ROSEDALE: Die vasberadenheid en uitstekende ondersoekwerk, deur sers. Tshepo Morwaagae van Rosedale-speurders, om teen bedrieglike aktiwiteite te veg, is deur die bestuur van die SAPD in die Noord-Kaap geloof - nadat ‘n 33-jarige man vir twee afsonderlike bedrogsake opgesluit is.
Granville Saunderson (33) is aanvanklik in Augustus 2023 in die Upington-streekhof skuldig bevind aan bedrog, waar daar beweer is dat hy die slagoffer in Desember 2022 met ‘n vals huisverkooptransaksie met R178 000 bedrieg het.
Hy is tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis, opgeskort op voorwaarde dat hy die slagoffer vergoed en is vrygelaat op ‘n terugbetalingsreëling, wat hy nie nagekom het nie.
Inbrekers loop hul vas
GEMSBOK-KAKAMAS: Die vinnige reaksie deur lede van Kakamas is toegejuig omdat hulle items teruggevind het wat tydens ‘n inbraak op Donderdag, 4 Julie 2024 gesteel is.
’n Saak van huisbraak is by die polisie aangemeld en daarna het die lede inligting ontvang oor ’n beweerde plek waar die gesteelde items bewaar kon word.
Hulle het dit opgevolg en twee verdagtes van 19 en 30 jaar oud is in besit van die gesteelde goedere gevind.
Die twee is gearresteer vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere.
Kai !Garib geraamtes tuimel glo uit kas
GEMSBOK-KAKAMAS: Volgens Facebook gebruikers het die geraamtes behoorlik die week uit die Kai !Garib Munisipaliteit se kas begin tuimel, toe Igshaan Sulliman ‘n rits gerugte oor die bestuur van die munisipaliteit op sosiale media geplaas het.
Die beweerde “swak of minimale diensle-wering aan die plaaslike munisipaliteit se gemeenskappe” is slegs die kruin van die ysberg, as jy Sulliman se plasing of sosiale media op sigwaarde vat.
Van die beweringe wat die rondte doen betaal Kai !Garib nie salarisse vir die afgelope 2 tot 3 jaar betyds nie.
Kontrakteurs en krediteure word voor werkers betaal.
Pensioene is 25 maande of 2jaar en ‘n maand agterstallig.
Wanbetaling van Pensioene vanaf 2014. (Die Kai !Garib-munisipaliteit, wat sedert Februarie 2022 in gebreke gebly het, was R30 miljoen agterstallig)
Medies, lenings en polisse word afgetrek - maar word nie oorbetaal.
Geen finansiële-gebeurlikheid-plan in plek. SARS word nie betaal, beloop miljoene.