Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Rolspelers beywer hulle vir die dringende herstrukturering van Dawid Kruiper se riooleenheid, aangesien Upington oorstroom met afval en die munisipaliteit die oorlog teen riool verloor.
Oor die laaste paar jaar het rioolstortings teen ‘n vinnige tempo toegeneem, wat herhalende en langdurige kenmerke van die eens ongerepte dorp geword het.
Eers moes llr Erica Strauss die munisipaliteit lastig val om aandag te gee aan die herhalende storting agter CTM, wat in die kanaal en die Oranjerivier beland het.
Die drein was tydelik ontstop maar dit is net ‘n kwessie van tyd voordat die verstopping terugkeer.
Flip Van Der Steen plaas intussen druk op die munisipaliteit om die rioolstorting agter Protea Hotel, wat ook in ‘n kanaal mors, reg te maak.
Die lekkasie agter Checkers is ook vir maande nog nie opgepas nie, terwyl die riool wat in die veld langs die winkelsentrum opgedam het, voortduur.
Dit is van die meer hoëprofiel-rioollekkasies wat die dorp teister, die kanaal- en riviergehalte bedreig, die gesondheid van inwoners in gevaar stel, besighede verwoes en die lewe in Upington al hoe meer ondraaglik maak.

Read more …Upington riooleenheid benodig dringende herstrukturering

 

GEMSBOK-GROBLERSHOOP: Slaggate, gereelde krag- en wateronderbrekings en vullis wat die wêreld vol lê. 
Dít is sommige van die probleme wat die inwoners van Groblershoop in die gesig staar. 
Dit is egter nie hierdie Noord-Kaapse dorpie se grootste hoofpyn nie. 
Rou riool kan gereeld in velde en selfs watermassas in en om die dorp gewaar word. Dít is omdat die !Kheis Plaaslike Munisipaliteit riool in die gebied stort.
Volgens Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap, lê daar rou riool in poele in en om die dorp. 
Munisipale werkers het selfs aan AfriForum erken dat hulle aangesê is om só van hierdie riool ontslae te raak. 
“Selfs die infrastruktuur wat riool na die rioolwerke pomp is selde in ’n werkende toestand omdat dit gebuk gaan onder vandale. Dit is dan wat die riool opdam en die omgewing besoedel,” sê Strauss.
Benewens die gereelde besoedeling wat plaasvind is die swak instandhouding van paaie en vullisterreine in Groblershoop ook ’n probleem. 

Read more …Groblershoop in rou riool gedompel

GEMSBOK-UPINGTON: Die meedoënlose vasberadenheid deur lede van Upington Grenspolisie het daartoe gelei dat   meer dwelms ontdek is, nadat hulle inligting ontvang het oor moontlike versteekte dwelms by ‘n perseel wat hulle die vorige dag tydens ‘n operasie deursoek het.
Op Sondag, 25 Augustus 2024, het die lede weer die toneel besoek nadat hulle magtiging verkry het en die perseel deursoek.
Hulle het ontdek Mandrax-tablette met ‘n geraamde straatwaarde van R20 600, kokaïen ter waarde van R223 720  en metamfetamien ter waarde van ongeveer R132 000 - wat in ‘n versteekte kompartement in die huis opgeberg is.
Die verdagte was reeds in aanhouding op die vorige aanklag, en ‘n ondersoek is geregistreer vir verdere ondersoek.
Die polisie sal gefokus en volhardend bly om dwelms uit die strate te verwyder en sal geen steen onaangeroer laat nie.

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaap Provinsiale Taakspan het saam met lede van die ZF Mgcawu Distrik ‘n knou toegedien op dwelmhandelaars wat in die Upington-omgewing bedrywig is.
Die span het Vrydag inligting in Dakota weg, Morning Glory en die Upington CBD geoperasionaliseer - wat gelei het tot die arrestasie van agt (8) verdagtes en beslaglegging op mandrax en dagga en kontant wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is.
Die verdagtes, tussen die ouderdomme van 30 en 39, is in hegtenis geneem op aanklagte van handel in dwelms, die verkoop van drank sonder ‘n lisensie en die onwettige besit van dwelms. Daar word vermoed dat twee van die verdagtes ongedokumenteerde buitelandse burgers is
Dwelms met ‘n geraamde waarde van R38 100 is tydens die soektogte gekonfiskeer.

Read more …Dwelms en ammunisie tydens ZFM operasie gekry

GEMSBOK-UPINGTON: Die afgelope paar maande het dit duidelik geraak dat die Dawid Kruiper Munisipaliteit beter klem begin lê het op dienslewering in hulle regsgebied.
Daar word daadwerklike pogings aangewend om ernstige probleem areas aan te spreek en langtermyn en permanente oplossings vir herhaalde probleme te vind.
Nie net word slaggate en vullisverwydering op ‘n daaglikse basis aangespreek nie, maar verskeie projekte is die afgelope maand aangewend om “ou” struikelblokke uit die weg te ruim.
In die afgelope week alleen het DKM hoëmas- en straatligte in verskeie areas herstel, die brug in die sakesentrum is in die proses om herstel te word, padverkeerste-kens word opgeknap en weer geverf, bome word gesnoei en die begraafplaas naby die spoorwegstasie is ook skoongemaak. “Ja, ons weet daar is nog ander diensleweringsprobleme wat moet aandag kry. Daar is ‘n paar rioolverstoppings wat net eenvoudig nie wil verdwyn nie, maar dit is ook belangrik om die nodige krediet aan DKM te gee, waar hulle dit verdien,” het Werner Strauss, Noord-Kaapse koördineerder, gister aan die Gemsbok gesê.

Read more …DKM verbeter dienslewering

More Articles …