GEMSBOK-KATHU: Twee mans, Kgotso Gaobuse (19) en Mosimanegape Bloem (41), het vlugtig in die Kathu-landdroshof verskyn in verband met die moord op die 31-jarige Mohammed Ferazi en die roof van die snoepie waar hy gewerk het.
Volgens Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock, het die voorval Dinsdag, 08 Oktober 2024 omstreeks 13:30 in Kathu plaasgevind.
In videomateriaal wat op sosiale media die rondte gedoen het, blyk dit dat twee mans die snoepie in Sederlaan in Kathu binnegegaan het.
Noord-Kaapse paaie ‘n ramp weens ononderhoubare weegbrûe
GEMSBOK-UPINGTON: ’n Gebrek aan instandhouding het daartoe gelei dat almal - behalwe een Noord-Kaapse weegbrug - in ’n toestand van uiterste verval verval het - wat gelei het tot lae inkomste-invordering vir die departement van vervoer, veiligheid en skakeling.
“Dit kan daartoe lei dat bestuurders beheer oor die voertuie verloor en selfs in ander voertuie inry wanneer hulle vir slaggate uitswaai.”
‘n Toesighoudende inspeksie aan die Kimberley-weegbrug hierdie week het langtermynverwaarlosing bevestig. Die weegbrugperseel is ontbloot en omhulsels en boumateriaal is gevandaliseer en is in die proses om weggedra te word.”
Die enigste operasionele weegbrug is op die N7 by Springbok geleë, terwyl die oorblywende twee – in Colesberg en Upington – in ‘n soortgelyke toestand as die Kimberley-weegbrug is.
Kubermisdaadverdagte in hof vir bedrieglike voertuiglisensies
GEMSBOK-KURUMAN: ‘n 48-jarige buitelander het vandeesweek in die Kuruman-landdroshof verskyn, omdat hy na bewering ‘n skema bedryf het om vervalste voertuiglisensieskyfies te vervaardig en te verkoop, wat kliënte in staat stel om die Verkeersdepartement se hernuwingsproses vir slegs R350 te ontduik.
Vincent Christian Mkumbo, bekend as “Chris”, het vandeesweek vlugtig in die Kuruman-landdroshof verskyn weens beweerde kuberbedrog.
Volgens ao Nomthandazo Mnisi, die woordvoerder van die Valke in die Noord-Kaap, word die Tanzaniese burger daarvan beskuldig dat hy ‘n skema bestuur het om vervalste voertuiglisensieskyfies te vervaardig en te verkoop.
Hierdie operasie, wat daarop gemik was om kliënte te help om die burokratiese rompslomp van die Verkeersdepartement te ontduik, het glo behels dat kliënte ‘n lisensieskyf met ‘n verlengde vervaldatum voorsien word.
Upington-speurder gryp veedief, kry skape ter waarde van R59k
GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse SAPD-bestuur het die onlangse ondersoek onder leiding van speur-ao Jacques Ockhuys van die Upington Veediefstal- en Bedreigde Spesies-eenheid geloof.
Die ondersoek het gelei tot ‘n aansienlike vonnis vir die 35-jarige Elcardo Vilander, wat deur die Upington-streekhof aan veediefstal skuldig bevind is.
Provinsiale polisiewoordvoerder, sers Omphile Masegela, het berig Vilander is in September 2020 betrap terwyl hy 30 skape ter waarde van R59 400 vanaf Horseback, naby Philandersbron, vervoer het. Tydens ‘n voorlopige ondersoek het die Rietfontein SAPD ontdek dat die skape van ‘n plaas naby Hakskeenpan gesteel is.
Vermoorde vrou binne brandende huis gevind
GEMSBOK-UPINGTON: Die polisie in Upington ondersoek ‘n moordsaak na ‘n voorval in Melkstroom, wat in die vroeë oggendure van Saterdag, 28 September 2024 plaasgevind het.
Daar word beweer dat die gemeenskapslede vlamme opgemerk het wat uit die huis van die oorledene kom.
Lede van die gemeenskap het die brand geblus en op die liggaam van ‘n 52-jarige inwoner, met ernstige kopbeserings, afgekom.
Die polisie is in kennis gestel en ‘n soektog na die verdagte wat van die toneel gevlug het, is van stapel gestuur.