Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Sosiale media het nog nie ophou gons oor die munisipale bestuurspos kontroversie van die ZF Mcgawu Distriksmunisipaliteit nie.
Hierdie keer het die beweerde besluite van die uitvoerende burgemeester, raadslid Maureen Basson, ’n mosie van wantroue in haar leierskap tot gevolg gehad. Dit kom nadat die distriksburgemeester ‘n skriftelike opdrag van die LUR van CoGHSTA, Bentley Vass, wat in Mei vanjaar uitgereik is, geïgnoreer het.
Sy het ook die inhoud van die brief vir sewe maande van die raad weerhou, totdat nuus daarvan op sosiale media en in die Gemsbok bekend geword het -  en sy dit nie meer kon wegsteek nie.
Luidens die brief het die LUR burgemeester Basson gewaarsku oor ongerymdhede in die aanstellingsproses van die waarnemende munisipale bestuurder, Alfred Tieties.


Die LUR se brief is ontvang kort ná die onregmatige aanstelling van Tieties op 30 April 2024, maar die burgemeester het versuim om daarop te reageer.
LUR Vass het burgemeester Basson daarop gewys dat Tieties nie in besit was van die vereiste kwalifikasies om in hierdie pos op te tree nie en ondanks hierdie opdrag van die LUR het Basson toegelaat dat Tietie se kontrak na elke drie maande verleng word.
Die LUR het ook beklemtoon dat die onreëlmatighede wat in sy brief geopper is, by verskeie geleenthede met die iitvoerende burgemeester bespreek is. 
Deur die LUR se opdrag te ignoreer, het Basson algehele verontagsaming van die wet en Plaaslike Regering: Regulasies getoon.
Burgemeester Basson het haar eed oortree om die wette van die Republiek te handhaaf en het ook die Gedragskode vir Raadslede oortree deur die inligting van die raad te weerhou.
Deur die raad in die duister te hou, het sy die raad by haar oortreding betrek en stilswyende goedkeuring verkry vir die voortgesette en onwettige waarnemende aanstelling van Tieties.
Haar optrede het ernstige reperkussies vir die munisipaliteit, insluitend die aangaan van vrugtelose en verkwistende uitgawes weens vergoeding van ‘n amptenaar wat onregmatig aangestel is.
Haar optrede sal volgens ingeligtes ook die Distriksmunisipaliteit se oudituitkomste beïnvloed, wat die munisipaliteit se skoon ouditrekord verwoes.
Sommige van die raadslede  en lede van die publiek voel Basson moet verantwoordelik gehou word vir haar optrede en persoonlik aanspreeklik gehou word vir die verlies aan inkomste. 
Intussen het daar ook ‘n stemopname op sosiale media versprei, waarin sy haar motorbestuurders se koppe goed was oor hulle, skynbare onprofessionele gedrag.
Die burgemeester het in die opname genoem dat die drywers se gebrek aan protokol en dissipline sleg op haar as burgemeester vertoon. Dit is onduidelik of  die personeel die klankgreep aan ZFM se menslike hulpbronne voorgelê het, of ‘n klagte teen haar gelê het.