Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-SPRINGBOK: Die Springbok-streekhof het Calvin Brown(45) voormalige sersant in die Suid-Afrikaanse Polisiediens tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op twee aanklagte van verkragting van twee minderjariges. 
Die beskuldigde was verbonde aan die maatskaplike misdaadafdeling en was verantwoordelik vir kinders met gedragsprobleme, terwyl hy in diens van die SAPD was.  Die beskuldigde is ook van aanranding en regsverydeling aangekla.
In Oktober 2021 het die 17-jarige slagoffer na haar pa gesoek en die bystand van die beampte versoek aangesien hy ‘n vertroude lid van die polisie was.  Die beampte het die slagoffer na die Polisieklubhuis vergesel op soek na haar pa aangesien daar beweer word dat hy by die klub sou wees. 

Read more …Voormalige SAPD sersant kry lewenslank vir verkragting van twee minderjariges

GEMSBOK-SPRINGBOk: Nog ‘n beskuldigde sluit homself in die hof aan by die twee polisiebeamptes vir korrupsie en bedrog.
 Adam Harrower, ‘n senior botaniese tuinboukundige van die Suid-Afrikaanse Nasionale Botaniese Instituut (SANBI), verskyn vandag in die Springbok-distrikshof op aanklagte van korrupsie/bedrog en kuberbedrog. 
Harrower se verskyning merk hom as beskuldigde nommer 4 in ‘n saak waarby ook voormalige SAPD-amptenare kaptein Karel Coetzee Du Toit (beskuldigde 1) en ao Leonard William Landrew (beskuldigde 3) betrokke is, albei by die Springbok-polisiestasie gestasioneer.
Kaptein Coetzee Du Toit, wat as die bevelvoerder van die Veediefstaleenheid gedien het, en Landrew staan ​​tereg op verskeie ernstige aanklagte, insluitend bedrog, diefstal, regsverydeling, oortreding van die Toerismewet en korrupsie. 
Die bewerings teen Harrower hou verband met sy rol as ‘n werknemer van SANBI, waar hy gereeld gevra is om verskeie inheemse en eksotiese plante te identifiseer. 

Read more …SAPD bedrogsaak kry nog ‘n beskuldigde by

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse LUR vir onderwys, Abraham Vosloo, het opvoeders verseker dat hulle hul poste in die provinsie sal behou, ondanks die aggressiewe begrotingsbesnoeiings wat deur die minister van basiese onderwys aangekondig is. Hy het gesê die departement sal in die huidige boekjaar R47 miljoen opsy sit, deur kostebeper-kingsmaatreëls en die besnoeiing van goedere en dienste, om te verhoed dat onderwysers in die Noord-Kaap afgelê word.
“Die impak van die verlies van 663 onder-wysers sal te erg wees. Ons kan nie wegdoen met basiese hulpbronne by 554 skole in die provinsie nie,” het Vosloo gesê. “Ons sal eerder op projekte afskaal en met ‘n bietjie minder oor die weg kom en eerder daarop fokus om te verseker dat ons onderwysers in die klaskamer het.

Read more …Geen NK onderwysers sal hul werk verloor nie, sê LUR

 GEMSBOK-PABALLELO: Die skynbaar doellose moord op ‘n buitelandse winkeleienaar van Paballelo, het die gemeenskap die afgelope week met verskeie teorieë gevul, maar nòg die motief nòg die verdagtes is na bykans ‘n week gekry. Die polisie in Paballelo het ‘n moordsaak vir ondersoek aanhangig gemaak, na aanleiding van ‘n skietvoorval waartydens ‘n 34-jarige snoepwinkeleienaar die aand van Dinsdag, 22 Oktober 2024  noodlottig gewond is.
Op ‘n sekuriteitsvideo kan gesien word hoe die slagoffer na die veiligheidshek stap en die verdagte hom deur die tralies skiet.
Die slagoffer val agteroor en is dan buite sig. 
Die verdagte spring daarna oor die veiligheidshek en gaan - vermoedelik na waar die slagoffer geval het.

Read more …Winkeleienaar koelbloedig geskiet - verdagtes steeds soek

GEMSBOK-UPINGTON: Die Dawid Kruiper Munisipaliteit het vroeër verlede week ‘n dreigende waterkrisis aangekondig.
DKM meen die aanvraag het die afgelope twee jaar erg toegeneem, weens die uitbreiding van die dorp en die infrastruktuur wat onder druk is.
Die munisipaliteit sê al die woongebiede word geraak, weens die erge hitte asook toenemende aanvraag. 
Om hierdie dreigende waterkrisis aan te spreek, het die munisipaliteit met ‘n strategie vorendag gekom - vir die vermindering van waterverbruik.
“Dit word dus vereis dat alle inwoners saamwerk en  die versoekte strategie vir die vermindering van waterverbruik, nakom.
As ons nie vordering maak - om te verseker dat verbruik verminder word nie, sal wateronderbrekings meer gereeld, ernstig word en meer gebiede sal op ‘n voltydse basis geraak word!” waarsku DKM.

Read more …Waterkrisis dreig weer in DKM

More Articles …