GEMSBOK-KLEINZEE: Die Suid-Afrikaanse polisie sê die voorkoming en bekamping van onwettige mynaktiwiteite gaan onverpoosd voort in Kleinzee en omliggende mynbou-brandpuntgebiede.
Op Vrydag, 27 Desember 2024, het die multidissiplinêre spanne van Operasie Vala Umgodi intelligensiegedrewe, glo inligting ontvang oor ongedokumenteerde persone wat by Nuttabooi informele nedersetting in Kleinzee woonagtig is.
Die inligting is geoperasionaliseer en lede van die SAPD het saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) die informele nedersetting afgesper.
Die polisie het die gebied takties genader en soektogte by elke informele huishouding gedoen.
Nog ‘n buitelander sterf aan die hande van misdaad
GEMSBOK-KATHU: ‘n Angswekkende teregstelling-styl moord het verlede week skokgolwe deur ‘n myndorp in die Noord-Kaap gestuur en inwoners laat wankel.
Op Dinsdag, 31 Desember 2024, is ‘n 37-jarige burger van Bangladesj, na bewering, noodlottig geskiet - terwyl hy ‘n vragmotor op die N14-pad in Kathu bestuur het.
Volgens polisiewoordvoerder, kolonel Cherelle Ehlers, het die polisie omstreeks 13:27 op ‘n berig van ‘n geparkeerde vragmotor gereageer.
Na ondersoek is die slagoffer in die bestuurdersitplek gevind met ‘n koeëlwond aan die kop. Ondanks pogings om hom te red, het die man in die hospitaal aan sy beserings beswyk.
Vyf wat kind verkrag na vier jaar skudig bevind
GEMSBOK-POFADDER: Vyf beskuldigdes is skuldig bevind aan die verkragting van ‘n minderjarige kind wat oor ‘n tydperk gebeur het.
Die voorval het in Pofadder plaasgevind en na deeglike ondersoek deur speur-sersant Nortje, van die Pofadder GKS, het die DOV bevind dat daar ‘n Prima Facie-saak is en is op die hooggeregshofrol in Upington geplaas.
Die verhoor het vir bykans vier jaar geduur en al vyf beskuldigdes is deur die Upingtonse Hoogeregshof skuldig bevind aan verkragting.
Die verkragters sal op 16-17 Januarie 2025 in die hof verskyn vir vonnisoplegging.
Segede groet Upington: Kazi neem sy stoel oor oorneem
GEMSBOK-UPINGTON: Michael Segede, het tydens ‘n raadsvergadering, as burgemeester van Dawid Kruiper Munisipaliteit uit sy pos bedank en afskeid geneem van Upington en sy mense.
Die burgemeester het die mense van die Dawid Kruiper munisipale area bedank, dat hulle hom die voorreg gegee het om hulle te bedien.
Mnr Segede het vanaf 2009 vir 15 jaar in die munisipale raad gedien.
Hy het as wyks-komiteelid begin, daarna word hy wyksraads-lid vir Wyk 7.
Daarna het hy ‘n Dagbestuurslid geword, toe die Speaker van die munisipaliteit.
ZFM Raadslede stap uit MONC-vergadering toe Speaker burgemeester beskerm
GEMSBOK-UPINGTON: Verskeie raadslede het glo Vrydag uit ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit se spesiale raadsvergadering gestap - nadat die speaker, Stanley Pietersen, onregmatig besluit het om ‘n Mosie van Wantroue (MONC) wat teen die uitvoerende burgemeester ingedien is, te skrap.
Hy het volgens sommige raadslede hierdie besluit geneem, “toe dit duidelik geword het dat die mosie sou slaag”.
Soos die mosie voortgegaan het, het dit duidelik geword dat die pro-burgemeester slegs elf stemme teen die mosie sou hê, uit drie-en-twintig raadslede wat teenwoordig was.
Dit sou nie genoeg stemme gewaarborg het om die MONC teë te staan nie.