Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Die departement van onderwys het die afgelope week die ouers van twee laerskole op Upington herverseker dat alle maatreëls gevolg word, in die verwydering van die asbesgeboue waaruit die skole voorheen bestaan het.
Dit volg nadat ouers en gemeenskapsleiers verlede week in opstand gekom het, toe hulle deur ‘onbekende rolspelers’ op hol gejaag is, want die ou  asbesstrukture by die skole word glo sonder die nodige veiligheidsmaatreëls verwyder.                              Sosiale-media inskrywings het vertel hoe die Franciscus Primêre skool, net langs Intermediêre Skole Orange Oewer, in aanbou is.
Die ou skole is albei gebou met asbes materiaal en sommige gemeenskapslede het beweer dat die ou gebou gesloop word sonder behoorlike beplanning.

Read more …Ouers se vrese oor asbes aangespreek

 GEMSBOK-KENHARDT: Terwyl die verval in Kenhardt toenemend voortduur, doen AfriForum ’n dringende beroep op die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit om sy huis vir eens en vir altyd in orde te kry. 
Die huidige toestand van dié eens mooie Noord-Kaapse dorpie maak die inwoners bewoë, maar terselfdertyd ook warm onder die kraag vir die munisipaliteit se traak-my-nieagtige houding.
AfriForum se talle pleidooie aan die Kai !Garib-munisipaliteit om Kenhardt reg te ruk, blyk telkens op dowe ore te val. 
Die organisasie het einde Januarie tydens ’n vergadering oor die munisipa-liteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan die ernstige verval op Kenhardt – asook op Keimoes en Kakamas – beklemtoon. 
Die burgermeester, munisipale bestuurder en raadslede het die vergadering bygewoon en beloftes en mooipraatjies gemaak waarvan daar sedertdien nog niks gekom het nie.

Read more …AfriForum maan Kai !Garib om hulself én Kenhardt “reg te ruk”

GEMSBOK-UPINGTON: Met ‘n uitmergelende droogte wat al vir meer as ‘n dekade oor die Boesmanland heers, word elke druppel water wat in die stof neer plof, soos manna uit die hemel ontvang. 
Sedert Donderdag weergalm blydskap en verligting oor welkome reën vanaf elke grenslyn in die provinsie.
Die Kalahari is nat. 
Dele van die Namakwa is nat. 
Op groot dele van die Boesmanland en die Hantam lê sopnat poele reënwater en blink.
In die Hantam het sommige plase tot 80mm gekry, die grootste dele van die Kenhardt distrik het gemiddeld so 50mm gekry en die Kalahari spog self met reënval tussen 12mm en 80mm. 
Nee, die droogte is nog nie gebreek nie. 
Dit gaan meer as een of twee reënvlae neem, maar vir nou is almal dankbaar - want water bring hoop en lewe!
Jeanetta Visser skryf uit die Boesmanland: “En toe reën dit....eers die mooiste mooi wolke wat kom, dreig, belowe en woeps verdwyn.... 

Read more …Droogte buig vir jare boere se knieë... en toe reën dit...

GEMSBOK-UPINGTON: Op 22 Februarie 2023 het die Minister van Finansies die Eskom-skuldverligtingsprogram in die Parlement bekendgestel, wat ‘n deurslaggewende stap was om die finansiële en operasionele uitdagings wat Eskom in die gesig staar, aan te spreek. Hierdie program was die resultaat van die regering se verbintenis om Eskom te ondersteun in die hantering van sy skuldverpligtinge en die gepaardgaande finansieringskoste.
Na bogenoemde het die Nasionale Tesourie se eenheid vir interregeringsverhoudinge op 31 Maart 2023 MFMA-omsendbrief nr. 124 uitgereik as deel van die Eskom Munisipale Skuldverligting. Die regering se skuldverligtingsprogram vir Eskom was bedoel om die nutsmaatskappy se balansstaat te verbeter en die voorstel vir Eskom te fasiliteer om munisipale skuld onder streng voorwaardes en met die leiding van die Nasionale Tesourie af te skryf en die Provinsiale Tesourie te ondersteun.

Read more …DKM vind baat by Eskom skuldverligtingsprogram

GEMSBOK-UPINGTON: Mnr. Bentley Vass, die LUR verantwoordelik vir Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake (COGHSTA), saam met die hoof van die departement, mnr Bafedile Lenkoe, die hoofdirekteur vir menslike nedersettings, mnr Gratitude Booysen, asook ander senior bestuurders het verlede week  die kontrak met die twee IA Implementering agente ontmoet.
Die ontmoeting het gefokus op die bou van die huise oor die vyf (5) Distrikte, onder die 1 Billion Rand Presidensiële Behuisingsprojek, wat in Januarie 2024 deur President Cyril Ramaphosa in Kimberley geloods is.
LUR Vass wat die vergadering toegespreek het, het gesê dit is belangrik dat alle kontrakteurs hulle verbind tot die tydlyne vir die voltooiing van die projek, om te verseker dat  hierdie huise aan die kwalifiserende begunstigdes oorhandig kan word.

Read more …Vass vergader met rolspelers oor NK se R1 miljard se behuisingsprojek

More Articles …