Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-KURUMAN: “Beloftes van meer skole in die verafgeleë plattelandse dorpies van Ga-Segonyana teen 2025, lyk na nog ‘n lugkasteel-droom - gegewe die Noord-Kaapse regering se versuim om op sy sogenaamde prioriteitsgebiede op te tree.” 
Dit is verlede week tydens ‘n toesighoudende inspeksie aan die konstruksieterrein van Laerskool Magojaneng bevestig, vergesel deur die plaaslike raadslid, Koketso Paul.
Volgens die Onderwysdepartement se Jaarlikse Prestasieplan vir 2023/2024 - is die totale projekkoste vir die bou van Laerskool Magojaneng R85,654 miljoen. 
Die projek het verder ‘n begindatum van 15 Januarie 2023 met ‘n verwagte voltooiingsdatum geskeduleer vir 8 Julie 2024.

Read more …Bou van Ga-Segonyana-skole op ys weens wanbetaling

GEMSBOK-VIOOLSDRIFT: Tydens roetine ondersoek by die Vioolsdrift-grens, is daar drie vuurwapens gekry.
 Saterdag, 24 Februarie 2024 om ongeveer 00:15, is 'n taxi wat die RSA vanaf die Namibiese kant binne gery het, op pad na Kaapstad, voorgekeer en deursoek.  Voordat die polisie die taxi deursoek het, het die bestuurder uitgespring en van die toneel gevlug en die assistentbestuurder en sewe passasiers in die voertuig gelaat. 
Toe hulle die voertuig verder deursoek, het polisielede drie vuurwapens onder die bestuurdersitplek ontdek. Dit was in 'n plastieksak versteek. Die assistentbestuur-der en die sewe passasiers is in hegtenis geneem en aangehou. 

Read more …Wapens tydens roetine ondersoek gekry

GEMSBOK-UPINGTON: AfriForum se Werner Strauss, die organisasie se koördineerder in die Noord-Kaap, het verlede week ‘n opvolg besoek aan Kakamas afgelê om die watersituasie te monitor.
Dit kom nadat hy die vorige week die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit by die Mense-regtekommissie (MRK), oor die water op Kenhardt, Kakamas en Keimoes - wat nie geskik is vir menslike gebruik nie, verkla.
Die klagte is teen Obakeng Isaacs, die munisipale be-stuurder, ingedien omdat hy versuim het om sy pligte - met betrekking tot die voorsiening van water en sanitasiedienste -  teenoor die gemeenskap na te kom. 

Read more …Watersituasie by Kai !Garib gemonitor

GEMSBOK-UPINGTON: Die Klippunt/Kalksloot gemeenskappe sukkel gereeld met watervoorsieningsprobleme. Dae, weke en selfs maande gaan verby, waar daar swak waterdruk en soms selfs geen water aan die gemeenskappe gelewer word nie.
Ten spyte daarvan dat Dawid Kruiper Munisipaliteit in Februarie 2023 met groot seremonie ‘n sooispit vir die opgradering van die  watervoorsiening- en kleiner werke-projek in Leseding Wyk 12, Kalksloot: Wyk 11 en Swartkopdam: Wyk 16 het hierdie probleem sedert November 2023 weer sy kurkdroë kop uitgesteek.

Read more …Swak waterdruk opgespoor

GEMSBOK-UPINGTON: Lede van die Upingtonse gemeenskap het verlede week opgeruk na die Dr Harry Surtie hospitaal, waar ‘n griefskrif met betrekking tot die agteruitgang van die “eens luukse spoghospitaal” aan DHS se uitvoerende direkteur, mnr Chris Seema, te oorhandig.
Dit kom nadat die Gemsbok die vorige week berig het oor die gebrek aan lugversorging en die negatiewe impak wat dit op beide die pasiënte en werknemers van die hospitaal het.
Kort voor die optog by die hospitaal - was die Gemsbok binne die perseel en het ons gevind dat van die lugversoring weer werk. Sommige sale was steeds onmenslik warm - maar dit het voorgekom asof daar daadwerklik gewerk word aan die probleem.

Read more …Rolspelers ruk op na hospitaal

More Articles …