GEMSBOK-POSTMASBURG: In die waterskaars streek van die Noord-Kaap-provinsie, is innoverende oplossings nodig vir betroubare watervoorsiening aan die omliggende gemeenskappe en besighede, veral die mynbedryf.
Omdat Kolomela-myn naby Postmasburg bo ‘n uitgebreide waterdraer geleë is, onttrek hul water vir veilige mynbou.
“Hierdie grondwater is van hoë gehalte, en ons stuur meer as 80% van ons totale ontwateringsvolume na die Vaal Gamagara-watervoorsieningskema.
“Dit ondersteun dorpe stroomaf, industriële gebruikers sowel as ons plaaslike gemeenskap in Tsantsabane.
“Sonder die water wat ons aan die streek verskaf, sou addisionele water behandel en uit die Vaalrivier gepomp moet word”, sê Hamilton Moswathupa, spesialis waterbestuur en hidrogeologie van Anglo American.
Nama Khoi verseker belegging in waterinfrastruktuur
GEMSBOK-SPRINGBOK: Rodney Kritzinger, burgemeester van die Nama Khoi-munisipaliteit, het onlangs aangekondig dat hulle ‘n befondsingsinspuiting van R114 miljoen deur die Departement van Water en Sanitasie (DWS) - vir die opgradering van alle ou pompstasies wat aan die Vaal Sentrale Waterraad behoort - verseker het.
Die Namakwa Streekswatervoorsieningskema is meer as 40 jaar oud en is oorspronklik deur die Departement van Waterwese gebou om die groter Springbok-gebied, insluitend die gemeenskappe van Steinkopf, Bulletrap, Okiep, Nababeep, Springbok, Carolusberg, Concordia en Kleinzee, van drinkbare water te voorsien.
Groendruppel evaluasie by DKM aanlegte gedoen
GEMSBOK-UPINGTON: Die Dawid Kruiper-Munisipaliteit se afvalwateraanlegte, pompstasies en grootmaatrioolpyplyne het ‘n groendruppel-oudit deur die Departement van Water en Sanitasie se Groendruppelpaneel ontvang.
Die 21 lede van die Groendruppelpaneel sluit in die onafhanklike hoofinspekteur, assistent-inspekteur en DWS-inspekteurs
Gariep Watch teen afgradering van Benede-Oranje hulpbronklas
GEMSBOK-UPINGTON: Die Departement van Water en Sanitasie se voorstel om die Benede Oranjerivier se waterhulpbronklas af te gradeer is, ten sterkste deur Gariep Watch teengestaan.
Volens die Agtergrondinligtingsdokument (AID) van Mei 2025 en die vergadering van die projek se stuurkomitee (PSC) op 6 Mei 2025 is in die PSC-vergadering gestel dat, as gevolg van toekomstige ontwikkelings-cenario’s, die Ekologiese Volhoubare Basisgeval en Aanbevole Ekologiese Kategorie nie vir die onder-Oranjerivier nagekom kan word nie.
Afwegings is voorgestel, wat sal lei tot tekorte in watervoorsiening vir besproeiing en ekologiese waterbehoeftes in die onder-Oranjerivier.
Verdagte in Leerkrantz aanval vasgetrek
GEMSBOK-UPINGTON: Die Upington SAPD het ‘n 30-jarige manlike verdagte, in verband met die beweerde huisroof wat op 30 April 2025 in Leerkrans, Upington, plaasgevind het -in hegtenis geneem.
Die verdagte is Maandag 5 Mei 2025 omstreeks 09:00 by sy huis in Leerkrans in hegtenis geneem.
Die polisie het ook items teruggevind wat na bewering tydens die rooftog gesteel is.
Speurders van die Upington SAPS het beves-tig dat hulle ‘n saak van huisroof - wat op Woensdag 30 April 2025 omstreeks 04:00 op ‘n kleinhoewe in Leerkrans, Upington, plaasgevind het -ondersoek.