Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-KLEINZEE: Polisie wat by Operasie Vala Umgodi ontplooi is, het op Saterdag, 25 Januarie 2025 inligting van misdaadintelligensie ontvang oor mense wat by onwettige mynaktiwiteite betrokke is en wat na bewering onwettig in die land is by Nuttabooi informele nedersetting in Kleinzee.
Die polisie het saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) die inligting wat by die geïdentifiseerde informele nedersetting ontvang is, geoperasionaliseer.
Dit het gelei tot die inhegtenisneming van nege verdagtes tussen 28 jaar en 44 jaar oud omdat hulle na bewe-ring onwettig in die land was, nadat hulle versuim het om enige dokumentasie voor te lê wat hulle toegelaat het om in die land te wees.
Die multi-dissiplinêre span het voortgegaan en twee ver-dagtes, onderskeidelik 40 en 42 jaar oud, vir onwettige mynbou in hegtenis geneem.

Read more …Operasie Vala Umgodi

GEMSBOK-UPINGTON: Operasie Shanela, die weeklikse multi-dissiplinêre hoëdigtheid-operasie, met die fokus op die vermindering van kontak- en geweldsmisdade in misdaadbrandpuntgebiede, het tot 186 arrestasies gelei.
Altesaam 9 900 aksies en polisie-aktiwiteite is uitgevoer wat voertuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoekings, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies, dwelm- en ander goederesmokkelary ingesluit het.
Talle voertuigkontrolepunte (VCP’s) en padblokkades is regoor die provinsie uitgevoer waartydens 1929 voertuie en 4623 persone voorgekeer en deursoek is.
Verskeie voldoeningsinspeksies by tweedehandse handelaars, skrootwerwe, herwinners, privaatsekuriteitsmaatskappye, vuurwapenhandelaars, formele en informele besighede, plase en myne is uitgevoer.

Read more …186 vas tydens Shanela

GEMSBOK-KEIMOES: Die Polisie in Keimoes het die afgelope naweek  ‘n kop-aan-kop botsing, waarby ‘n minibus en ‘n tipwa betrokke was bevestig.
Die ongeluk het omstreeks 13:30 op Vrydag, 17 Januarie 2025 plaasgevind en fotos van die toneel is onmiddelik - sonder duidelike inligting oor die gebeure - op sosiale media gedeel.
By navraag aan die polisie, het ao Omphile Masegela, ‘n media-skakel vir die SAPD in die ZF Mgcawu-distrik, bevestig dat albei bestuurders  alleen gereis het.
Sy sê albei is met ernstige beserings na die hospitaal vervoer.
‘n Roekelose en nalatige bestuursaak is geregistreer, en die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

 

GEMSBOK-UPINGTON: Die polisie in die Noord-Kaap het die gesag van die staat gestempel toe ontwrigtende optredes in al vyf distrikte in die provinsie - die inhegtenisneming van 228 verdagtes vir ernstige misdade insluitend handel in dwelms, besit van ‘n gevaarlike wapen, besit van dwelms, poging tot moord, sakeroof, moord, verkragting en aanranding GBH, verseker.
Dit sluit in die inhegtenisneming van vyf gesoekte verdagtes wat deur speurders opgespoor en suksesvol aangekeer is.
Samewerking tussen SAPD en ander staatsdepartemente om prioriteitsmisdade aan te spreek het gelei tot hierdie arrestasies en konfiskering van dwelms soos dagga, tik en mandrax asook die beslaglegging op alkohol, gevaarlike wapens en geld wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is.

Read more … 228 Verdagtes tydens Operasie Shanela vasgetrek

UPINGTON:  Die Gautengse afdeling van die hooggeregshof in Johannesburg, het ‘n 36-jarige Emmanuel Uzoaga op Vrydag, 17 Januarie 2025, gevonnis op aanklagte van mensehandel, uitlatings en bedrog asook oortreding van die Immigrasiewet.
Uzoaga se regsprobleme het in Mei 2021 begin toe die Upington-polisie ‘n anonieme wenk ontvang het  - dat die beskuldigde op die punt was om ‘n (18)-jarige slagoffer per openbare vervoer na Johannesburg te vervoer vir seksuele uitbuiting. 
Dit het tydens aanvanklike ondersoek geblyk dat die beskuldigde die slagoffer voorheen na dieselfde plek vervoer het.
Die polisie het aansoek gedoen om ‘n deursoekingslasbrief by die geïdentifiseerde plek, by ‘n huis wat in ‘n bordeel in Lonehill, Johannesburg, omskep is. 
Die soektog het in Mei 2021 plaasgevind.

Read more …20 Jaar tronkstraf vir mensehandelaar

More Articles …