Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-SPRINGBOK: Nadat families in Namakwaland  vir byna drie dekades moes wag, het hulle nou eienaarskap op verlore grond.
 Dit is ongeveer 610 000ha grond wat hulle voorheen deur apartheid verloor het. Hiervoor het hulle vir jare gestry en baklei om dit terug te kry.
 Vrydag was dit op Springbok die ene blink ogies en traan-tjies toe die Departement van Grondhervorming en Landelike ontwikkeling, verskeie titel-aktes aan Namakwalanders oorhandig het.

Read more …Vreugde en trane vir “Kaart en Transport”

GEMSBOK-UPINGTON: Die skuldigbevinding en vonnisoplegging van Elvis Bongani Sikepe (41) en Thomas Christopher Lebitsa (21) deur die Hooggeregshof, vir die wrede moord op die 14-jarige Cashwin Theo Diteho twee jaar gelede, is deur die Upingtonse gemeenskap verwelkom.
  Isaac Vywers (21), die derde beskuldigde, is vrygespreek nadat die hof bevind het dat hy deur Sikepe gedwing en geviktimiseer is.

Read more …Twee wat Cashwin verbrand is swaar gestraf

GEMSBOK-PRIESKA: AfriForum doen ’n dringende beroep op die Siyathemba Plaaslike Munisipaliteit en die betrokke owerhede om onmiddellik in te gryp by die haglike toestand van die vullisterrein op Prieska. 
Die terrein voldoen nie aan basiese wetlike en gesondheidsvereistes nie en stel die gemeenskap aan groot risiko’s bloot.
 Van die probleme op die vullisterrein is ’n gebrek aan heinings of hekke om toegang tot die terrein te beheer, daar is geen veiligheidswagte of beamptes wat toesig hou oor die perseel nie, asook die onwettige storting van karkasse en buitebande.
In ’n brief wat AfriForum se Prieska-tak aan die munisipale bestuurder gestuur het, eis die organisasie dat ’n heining om die vullisterrein opgerig word om toegang tot die terrein te beperk en te beheer. AfriForum stel ook voor dat veiligheidswagte en toesighouers op die perseel aangestel word om toe te sien dat reëls nagekom word. Dieselfde brief is aan die Groen Skerpioene gestuur.

Read more …Prieska-vullisterrein ’n gemors – AfriForum eis dringende optrede

GEMSBOK-POSTMASBURG:  Ongeag die twee direktiewe wat die nasionale departement van water en sanitasie in 2019 en 2022 aan die Tsantsabane-plaaslike munisipaliteit, om die besoedeling te staak, uitgereik het - blyk dit of die rioolramp op Postmasburg  steeds voortwoed. 
Dit wil voorkom of die direktiewe op dowe ore geval en blatant  geïgnoreer is en die situasie sedertdien verswak het.
Volgens ingeligtes  is rou riool steeds in verskeie woonbuurte sigbaar, met ’n ondraaglike stank en ’n duidelike gesondheidsrisiko vir inwoners, veral kinders en bejaardes. 

Read more … Postmasburg rioolramp woed steeds voort

GEMSBOK-POFADDER: Die Pofadder Streekshof het die suksesvolle skuldigbevinding en vonnisoplegging van ‘n 33-jarige man verseker, vir ernstige seksuele oortredings en verwante misdade, wat teen ‘n minderjarige slagoffer gepleeg is.
Die oortredings het op 1 Julie 2023 plaasgevind toe die beskuldigde die slagoffer oor ‘n tydperk van twee dae ontvoer, aangerand, beroof en herhaaldelik seksueel aangerand het.
Vonnisse soos volg opgelê: Aanranding: 6 maande gevangenisstraf. Roof: 3 jaar gevangenisstraf
Ontvoering: 2 jaar gevangenisstraf. Verkragting (aanklag 1): 25 jaar gevangenisstraf (5 jaar opgeskort). Verkragting (aanklag 2): 25 jaar gevangenisstraf (5 jaar opgeskort) Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word. 

Read more …Seksoortreder word swaar gestraf

More Articles …