GEMSOK-UPINGTON: Dawid Kruiper Munisipaliteit se rdl Flip Van der Steen sê die Dawid Kruiper-munisipaliteit is die afgelope week by COGHSTA aangemeld ná die voortdurende gebrek aan bestuur en nie-nakoming van die munisipale brandweerdiens, aan basiese veiligheidsregulasies.
Verlede week was die brandweer se waterlorrie in ‘n ongeluk, in Upington, betrokke. Die voertuig, bestuur deur ‘n beampte wat nie in besit van ‘n professionele bestuurderspermit is nie, het die voertuig omgeslaan terwyl hy ‘n draai teen hoë spoed geneem het. Die amptenaar, wat voorheen verbied is om die vragmotor te bestuur weens vorige voorvalle van roekelose bestuur, bly aan diens. Geen dissiplinêre prosesse is nog teen hom ingestel nie.
Volgens Van der Steen is die brandweerdiens nou afhanklik van ‘n vragmotor wat bedoel is vir die voorsiening van water aan inwoners, wat bykomende druk op die dorp se watertoevoer plaas.
SAPD slaan toe op dwelmhandelaars
GEMSBOK-UPINGTON: Lede van die SAPD in die ZFM Distrik is vasbeslote om die gesag van die staat af te druk deur te veg vir die skep van ‘n dwelmvrye samelewing en die moontlikhede te verminder dat jongmense in die strik van dwelms val deur voortdurende soek- en beslagleggingsoperasies sowel as sigbare patrollies in brandpuntgebiede .
Op Donderdag, 11 Julie 2024 het die lede van Upington POP hoëdigtheidpatrollies in Kakamas uitgevoer, waartydens hulle kordon- en deursoekoperasies by twee persele uitgevoer het. Tydens die soektog by die geïdentifiseerde huis het hulle dagga ter waarde van R98 750.00 gevind.
Oom wat 10-jarige verkag kry lewenslank
GEMSBOK- KURUMAN: Op 11 Julie 2024 het die Mothibistad-streekhof ‘n 60-jarige man tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy 8-jarige niggie.
Die hof het gehoor dat die slagoffer op 10 Januarie 2022 na haar huis in Maruping Village teruggekeer het, nadat sy haar ouma vir Kersfees besoek het.
Die ma van die slagoffer het bloedvlekke op die kind se onderklere opgemerk.
Toe sy gekonfronteer is, het sy onthul dat haar oom haar verkrag het - toe sy by haar ouma gekuier het.
Man wat eks verkrag gevonnis
GEMSBOK-KURUMAN: Die Kuruman-streekhof het onlangs die 41-jarige Moses Leck Leier gevonnis vir die verkragting van ‘n 39-jarige vrou in Wrenchville naby Kuruman.
Op 27 Julie 2023 het die slagoffer haar verhouding met die beskuldigde beëindig en ‘n beskermingsbevel teen hom verkry.
Die beskuldigde het na die huis van die slagoffer gegaan en gedreig om haar met ‘n ketting te slaan. Hy het haar toe na sy huis gedwing, waar hy haar verkrag het.
Die slagoffer het die voorval by die polisie aangemeld en Leier is die volgende dag in hegtenis geneem.
Man vas vir kuberbedrog en geldwassery
GEMSBOK-ROSEDALE: Die vasberadenheid en uitstekende ondersoekwerk, deur sers. Tshepo Morwaagae van Rosedale-speurders, om teen bedrieglike aktiwiteite te veg, is deur die bestuur van die SAPD in die Noord-Kaap geloof - nadat ‘n 33-jarige man vir twee afsonderlike bedrogsake opgesluit is.
Granville Saunderson (33) is aanvanklik in Augustus 2023 in die Upington-streekhof skuldig bevind aan bedrog, waar daar beweer is dat hy die slagoffer in Desember 2022 met ‘n vals huisverkooptransaksie met R178 000 bedrieg het.
Hy is tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis, opgeskort op voorwaarde dat hy die slagoffer vergoed en is vrygelaat op ‘n terugbetalingsreëling, wat hy nie nagekom het nie.