Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Die Oranjerivier is weer baie hoog, dit is veroorsaak deur die hoeveelheid sluise wat  by die Bloemhofdam, Gariepdam en Vanderkloofdam oopgemaak is, as gevolg van hoë reënvalsyfers tussen die Vaaldam en Bloemhofdam asook bokant die Vaaldam.
Die meterlesing by die Upington- en Groblers-hoopbrug was Dinsdagoggend (29 April) 6 meter. Die hoogte by die Kakamasbrug is 8,2 m.
 Volgens mnr. Wilco Fourie, kon DWS die uitlaat van water beter bestuur het. Die uitlaat van water moes nie verminder geword het nie. Dit het veroorsaak dat ‘n groot hoeveelheid water verlede week losgelaat is.

Read more …Die groot water is aan’t kom - die Oranje styg weer

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse LUR van Gesondheid sal dringend moet ingryp - in ‘n ontvouende farmaseutiese krisis - wat waarskynlik veroorsaak is deur ‘n lisensiefoefie deur die provinsiale departement.
Die situasie  veroorsaak glo dat die goed gevulde farmaseutiese depot in Kimberley - nie medisyne aan regeringsfasiliteite in alle distrikte kan versprei nie.
 Dit is omdat dit, sonder ‘n geldige lisensie, nie veronderstel is om voorraad te besit nie en dus nie voorraad op sy stelsel kan laai nie - en ook nie mag uitteken en voorraad aan ander fasiliteite versprei nie. 

Read more …Mislukking van NK farmaseutiese depotlisensie stop medisynevoorraad

GEMSBOK-UPINGTON:’n Bedrag van R13 miljoen uit die aansuiweringsbegroting sal gebruik word om ’n dispuut met Transnet te besleg  - oor skuld wat voortspruit uit die huur van die JW Sauer-gebou in Quinnstraat, Kimberley, deur die kantoor van die premier.
Die kantoor van die premier het in Julie 2023 na die Derek Corns-gebou in Memorialweg verskuif, waar ‘n huurooreenkoms gesluit is vir maandelikse huurgeld van R1,3 miljoen.
Premier Zamani Saul het destyds aangedui dat die Transnet-gebouhuur R1,6 miljoen per maand beloop, met ‘n bykomende gemiddeld van R135 000 per maand wat vir tariewe en belasting gehef word.

Read more …R13 miljoen is begroot vir Premier se kantoor se huurgeskil?

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse departement van gesondheid se groeiende agterstand op chirurgie, wat tans op 6 518 gevalle staan, steek tans dwars in die krop van rolspelers en pasiënte.
Tydens ‘n onlangse provinsiale wetgewersessie het Maruping Lekwene, LUR vir Gesondheid, die huidige uiteensetting van die agterstand onthul:
Ortopedie: 1 200.  Onkologiese Chirurgie: 200
Neurochirurgie: 190.   Algemene Chirurgie: 425
Urologie: 465.   Oor, neus en keel: 975
Oftalmologie: 2 694 (insluitend 2 060 katarakgevalle)
Die agterstand het die afgelope twee jaar aansienlike skommelinge beleef. 

Read more … Noord-Kaapse chirurgie- agterstand meer as 6 500

GEMSBOK-NAMAKWALAND: Nadat AfriForum ’n beroep op die Hantam-, Kamiesberg- en Karoo Hoogland-munisipaliteite om dringend in te gryp by hul onderskeie vullisterreine, het die munisipale bestuurder van Kamiesberg Munisipaliteit ‘n skrywe gerig, waarin daar beweer word dat van Afriforum se lede hulle self skuldig maak aan onwettige stortings. 
Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari en Namakwaland, sê die vullisterreine in Williston, Calvinia, Nieuwoudtville, Kamieskroon en Garies is in ’n haglike toestand wat op die ou end wesenlike risiko’s vir die gemeenskap se gesondheid en die omgewing inhou.
AfriForum is veral bekommerd oor die feit dat van die dorpe se boorgate naby aan die vullisterreine geleë is wat die risiko vir kontaminasie verhoog en kan lei tot ernstige gesondheidsprobleme vir die gemeenskap.

Read more …Afriforum maan oor vullisterreine

More Articles …