GEMSBOK-KURUMAN: Drie renosterstropers wat aan moord skuldig bevind is, nadat een van hul makkers vermoor is toe hulle die land onwettig binnegekom het, is onlangs in die Noord-Kaapse hooggeregshof verlof tot appèl geweier.
Die driemanskap – David Mitswi, Khetamile Cooper en Tebo Mogare – is tot 36 jaar tronkstraf gevonnis vir moord, die onwettige besit van ’n verbode vuurwapen en ammunisie, onwettige toegang tot die land en die jag van ’n beskermde spesie sonder ’n permit op die plaas Barrage naby Kuruman.
Nog ‘n betreder, KJ Matshetse, is aan ‘n skietskoot in die rug dood, terwyl hy ook ‘n koeëlwond aan die been opgedoen het.
Polisie kaptein vas vir bedrog en rits ander klagtes
GEMSBOK-SPRINGBOK: Die Namakwalandse gemeenskap is die afgelope week geskok deur die nuus - dat ‘n gesiene polisiekaptein, wie bekendheid vir die werk wat hy in die Suid-Afrikaanse Polisie se veediefstal en beskermde en bedreigde spesies eenheid verrig het, gister deur die Valke op Springbok in hegtenis geneem is.
Karel Coetzee Du Toit, ’n kaptein in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), het in die Springbok-landdroshof verskyn waar hy teregstaan op verskeie aanklagte.
Die hoogssensititiewe ondersoek na die kaptein se betrokkenheid by onwetige bedrywighede in die Namakwaland, asook glo die res van Suid-Afrika, word glo al vir dekades deur die nasionale teenkorrupsie eenheid in Pretoria ondersoek.
Meer as 350 verdagtes van tydens Shanela
GEMSBOK-UPINGTON: Operasie Shanela, die weeklikse multi-dissiplinêre hoëdigtheid-operasie wat op Maandag, 06 Mei 2024 tot Sondag, 12 Mei 2024 begin het, bly doelbewus en gefokus op die vermindering van kontak- en geweldsmisdade in misdaadbrandpunte waar menigte suksesse behaal en meer as 350 verdagtes in hegtenis geneem is.
Aksies en polisie-aktiwiteite wat tydens die operasies uitgevoer is, het ingesluit voertuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoekings, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies, dwelm- en ander goederesmokkelary.
Ma en drie kinders brand in Paballelo dood
GEMSBOK-PABALLELO: Die polisie in Paballelo ondersoek ‘n saak van strafbare manslag na die dood van ‘n 40-jarige ma Beaulah Basson - en haar drie kinders van 5, 6 en 9 jaar oud - toe hul sinkhuisie gedurende die nag van Donderdag 2 Mei 2024 aan die brand geslaan het.
Die gesin het na bewering geslaap toe die huis aan die brand geslaan het.
Die brand is vermoedelik deur ‘n brandende kers veroorsaak.
Die polisie en brandweer is na die toneel uitgestuur.
By aankoms was die huis reeds in ligte laaie met die gesin daar binne vasgevang.
Die brandweer het daarin geslaag om die brand te blus, maar die vier is ongelukkig tydens die brand dood.
Die polisie-ondersoeke duur voort.
Kommer en vrae vlam op na brand in middedorp
GEMSBOK-UPINGTON: Nadat ‘n verwoestende brand Vrydagoggend in die Upingtonse middedorp uitgebreek het, het vrae oor die welstand van die dorp en die bestuur daarvan weereens onder lede van die publiek en ander rolspelers opgevlam.
“Fonteine” water wat bedoel is om die brand in die Upingtonse sakesentrum Vrydag-oggend te blus, het vanuit die brandslange van die Dawid Kruiper Munisipaliteit se brandweerwaens in die strate gespuit.
Die effektiwiteit van die brandweer is weereens onder bedenking gebring, nadat ACSA se brandweer weer moes hand by sit om die brand, wat al sedert omstreeks 02:00 woed, onder beheer te bring.
Die oorsaak van die brand wat bykans ‘n hele blok tussen Mark-, Park-, Scott- en Lutzstraat in puin gelê het, is steeds onbekend.