KURUMAN: As deel van ‘n interprovinsiale grensoorskrydende operasie het polisie in die Noord-Kaap vermoedelik gesteelde koperkabels ter waarde van ongeveer R250 000, van ‘n plaas naby Kuruman, gekonfiskeer.
Die operasie is op 24 Junie 2025 omstreeks 10:30 uitgevoer na aanleiding van inligting wat ontvang is oor die teenwoordigheid van vermoedelik gesteelde koperkabel op die perseel.
Met aankoms het beamptes verskeie sakke vermoedelik gesteelde koperkabel ontdek, ter waarde van ongeveer R250 000.
‘n Saak van skade aan noodsaaklike infrastruktuur is geopen.
Voormalige munisipale bestuurder in hof oor pensioen betalings
GROBLERSHOOP: Vrydag se bitter koue, was vir die voormalige munisipale bestuurder van die Kheis Plaaslike Munisipaliteit, mnr. Joseph Floyd Leeuw (58), nog kouer - nadat die Valke se ondersoekspan vir ernstige kommersiële misdaad, hom in yskoue boeie op ‘n J50 lasbrief gearresteer het.
Leeuw is in hegtenis geneem op bewerings van oortreding van Artikel 13A en verwante subartikels van die Pensioenfondswet 24 van 1956, met 30 aanklagte van die genoemde oortreding.
Die beskuldigde word daarvan beskuldig dat hy versuim het om pensioenaftrekkings van die tydperk Oktober 2019 tot Junie 2022 aan die Gekonsolideerde Aftree-pensioenfonds (CFR) oor te betaal
Man met R10 milj se gouestaaf betrap
POSTMASBURG: Itumeleng Dinku (52) het kortliks voor die Postmasburg-landdroshof verskyn op aanklagte van besit van vermoedelik onwettige ge-smelte goudstaaf.
Dinku is deur Postmasburg-SAPD-lede in hegtenis geneem nadat inligting ontvang is dat iemand ‘n goudstaaf by Mountanview in Postmasburg verkoop het.
Met hul aankoms by die geïdentifiseerde eiendom het die polisie ‘n swaar goudstaaf in die huis gevind.
Valke arresteer Douglas vrou vir bedrog
GEMSBOK-DOUGLAS: ‘n 49-jarige vrou is verlede week deur die Valke se Ernstige Kommersiële Misdaadondersoekspan in hegtenis geneem vir beweerde bedrog en alternatiewe diefstal.
Daar word beweer dat die verdagte gedurende 2012 ‘n mede-direkteur van die maatskappy, genaamd Rowen Tree 60 Pty Ltd, saam met twee ander direkteure was.
Die verdagte het na bewering ‘n aansoek om hernuwing van prospekteermynregte, wat by die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie (DMRE) aan die gang was, teruggetrek.
Vyftien gearresteer vir onwettige mynbou
GEMSBOK-KLEINZEE: Vyftien manlike verdagtes, tussen 22 en 50 jaar oud, is regoor die Noord-Kaap gearresteer vir oortredings van die Immigrasiewet, onwettige mynbouaktiwiteite en die besit van vermoedelike ongepoleerde diamante.
Die arrestasies was die gevolg van ‘n multidissiplinêre, intelligensiegedrewe operasie wat uitgevoer is deur lede wat ontplooi is onder Operasie Vala Umgodi in die Namakwa-distrik.
Van Dinsdag 17 Junie 2025 tot Vrydag 20 Junie 2025 het spanne inligting ontvang rakende verdagte nagtelike mynboubedrywighede by ‘n diamantterrein in Koingnaas.