Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Voormalige hoof van die Departement van Paaie, Vervoer en Openbare Werke, mnr. Motlalepule Elia Selemela, me. Ruth Palm en voormalige direkteure van Babereki Consulting, me. Lorencia Crause, mnr. Louis Adriaab Van Niekerk, mnr. Edward Charles Petzer en mnr. Moyahi Winston Modisa, het  kortliks voor die Kimberley-landdroshof verskyn vir oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, bedrog, korrupsie en geldwassery.
Die Valke se ondersoekspan vir ernstige korrupsie het ‘n lasbrief van J50 vir inhegtenisnemings in onderskeidelik Kimberley en Kaapstad uitgevoer.

Read more …Nog arrestasies oor bedrog by psigiatriese hospitaal

POSTMASBURG: Speurders van die Postmasburg Gesinsgeweld-, Kinderbeskermings- en Seksuele Misdrywe-eenheid (GVS) het vinnig gereageer op ‘n bekommerde gemeenskapslid, wat ‘n moeder aangemeld het wat onlangs in die Marantheng-nedersetting in Postmasburg, fisies gesien is terwyl sy haar twee maande oue babaseuntjie mishandel het.
‘n Videogreep wat die mishandeling uitbeeld, het op 31 Mei 2025 op sosiale mediaplatforms versprei, wat gelei het tot die polisie se vinnige reaksie op hierdie ernstige voorval.

Read more …Ma wat baba op video mishandel gearresteer

GEMSBOK-UPINGTON: Die Valke se ondersoekbeampte vir ernstige korrupsie het op Woensdag 28 Mei 2025  die voormalige polisiebeampte, luitenant-kolonel Pieter Andries Nel, by sy woonplek in Upington gearresteer. 
 Luitenant-kolonel Nel was die hoof van finansiële dienste - SAPD by die ZF Mgcawu-distrik in Upington, getaak met die magtiging van betalings aan diensverskaffers, en die verblyf en reise van polisielede binne die Upington-distrik. 

Read more …Oud-polisieman in hof oor R1,2 milj transaksies

GEMSBOK-UPINGTON: Nadat die Noord-Kaap die enigste provinsie was wat toenames in moord- en kontakmisdade aangeteken het, heers die hoop dat die Noord-Kaapse Polisiekommissaris, luitenant genl Koliswa Otola,  die SAPD se planne om geweldsmisdaad te verminder, by die provinsiale misdaadstatistiek-inligtingsessie volgende week voor sal lê. 
Volgens die Vierde Kwartaallikse verslag vir 2024/25 het kontakmisdaad ‘n toename van 72 gevalle getoon, met moord wat ‘n toename van 21 gevalle weerspieël, in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar.
Kakamas-polisiestasie het ook by Galeshewe, Kimberley en Rosedale-polisiestasies op die top-30-lys vir poging-tot-moord klagtes aangesluit. 

Read more …Moord en geweld neem toe in Noord-Kaap

GEMSBOK-UPINGTON: Werkers by staatslykshuise in die Noord-Kaap staar ‘n groeiende krisis in die gesig, namate onopgeëiste en ongeïdentifiseerde lyke fasiliteite oorweldig, wat gesondheidsrisiko’s en operasionele uitdagings skep. 
Lykshuispersoneel, wat verkies om anoniem te bly, het die situasie as “kommerwekkend” beskryf en ernstige personeeltekorte en verslegtende werksomstandighede genoem.
Sedert 2024 sukkel provinsies regoor Suid-Afrika met ‘n agterstand van onopgeëiste lyke in staatslykshuise. 
In sommige gevalle het lyke na bewering al sedert 2014 onopgehaal gebly. 

Read more …Noord-Kaapse lykshuise oorweldig deur onopgeëiste lyke

More Articles …