Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-KAI !GARIB: Die verskillende organisasies, rolspelers en inwoners van die Kai !Garib Plaslike Munisipaliteit voel dat  COGHSTA en die premier, dr. Zamani Saul, moet reageer op ‘n voorlopige aanbeveling deur die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAHRC), dr. Henk Boshoff, dat die Kai !Garib-raad ontbind moet word.
Die algemene konsensus is dat, met die volledige disfunksionaliteit van Kai !Garib-munisipaliteit wat tydens die voortgesette openbare ondersoek blootgelê is,  die haglike toestand van hierdie munisipaliteit nie meer geïgnoreer kan word nie.
Ten spyte van ‘n bultende personeelkomponent van meer as 400 werknemers, is dienslewering nie-bestaande.

Read more …Kai !Garib Munisipaliteit se ontbinding word geëis

GEMSBOK-UPINGTON: Die Upingtonse gemeenskap sal hierdie week die verbintenisse wat deur die Dawid Kruiper-munisipaliteit gemaak is om sanitasieverwante menseregteskendings in Upington aan te spreek, met opgehoue asems dop hou.
Nie net omdat groot dele van Dawid Kruiper munisipaliteit se kerrndorp na rou riool stink nie - maar omdat die munisipaliteit tot Vrydag 31 Oktober gegee is om verslag te lewer oor al die menseregteskendings waaraan hulle hulself skuldig gemaak het.
Die munisipaliteit het - in opdrag van die MRK - hierdie week die plaaslike sakeman, Philip Bornman, vergesel  na die terrein van langdurige rioollekkasies en -blokkasies in Upington, wat ‘n stroom deur die dorp uitgekerf het en in die Oranjerivier beland het. 

Read more …MRK het DKM streng vermaan oor riool verwante klagtes

GEMSBOK-UPINGTON: Die ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit, saam met sy vyf plaaslike munisipaliteite (Kai !Garib, Dawid Kruiper, Tsantsabane, Kgatelopele en !Kheis Plaaslike Munisipaliteite), het voor die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) verskyn as deel van die Kommissie se provinsiale ondersoek na die stand van dienslewering in die Noord-Kaap.
Die ondersoek het gefokus op kritieke menseregtekwessies met betrekking tot watervoorsiening, sanitasie, munisipale bestuur en die breër uitdagings wat dienslewering beïnvloed. Die Kommissie het opgemerk dat die ondersoek gevolg het op talle klagtes wat deur gemeenskappe regoor die provinsie ingedien is rakende toegang tot basiese munisipale dienste. Die Munisipale Bestuurder van die ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit, mev. Samantha Tatas-Titus, het die afvaardiging gelei, ondersteun deur senior bestuur.

Read more …ZFM voor MRK: Tatas-Titus vir eerlikheid geloof

GEMSBOK-UPINGTON: Die Kanoneiland SAPD, in samewerking met INTERPOL, het ‘n 41-jarige VSA-burger op Sondag 26 Oktober 2025 in Kanoneiland in hegtenis geneem vir uitlewering.
Lede van INTERPOL het met die Kanoneiland SAPD saamgewerk in verband met ‘n Amerikaanse man wat vir verskeie sake, insluitend ontvoering, gesoek word. 
Hulle het vermoed dat hy in die omgewing van Kanoneiland was.
Die SAPD-span, bestaande uit die Kanoneiland SAPD, Upington Grenspolisie en Upington Snelwegpatrollie, het in samewerking met INTERPOL-amptenare die verdagte suksesvol op ‘n plaas in die omgewing opgespoor en in hegtenis geneem.

Read more …Amerikaner wat gesoek is, op Kanoneiland vasgetrek

GEMSBOK-UPINGTON: Dawid Kruiper Munisipaliteit se munisipale bestuurder, dr Elias Ntoba, is verlede week genoodsaak om onder eed te erken dat “nie alles pluis is by die dienslewering en eerbied van menseregte by Dawid Kruiper Munisipaliteit nie”.
Dit volg nadat  die Suid-Afrikaanse Mense Regte Kommisie – verlede week ‘n ondersoek geloods het na die dienslewering van munisipali- teite in die Noord-Kaap. 
Toe die kommisie hom direk vra of DKM menseregte, soos die reg tot basiese dienste en water en sanitasie dienste skend, het hy namens die munsipaliteit skuld erken.

Read more …Ntoba erken menseregte skendings in DKMNtoba erken menseregte skendings in DKM

More Articles …