GEMSBOK-SPRINGBOK: “Kern-afval of nie vir Namakwaland,” dis die vraag waarmee plaaslike inwoners alweer worstel.
Dit, nadat daar op Maandag, 25 September, ‘n regerings-afvaardiging by Vaalputs was om die sogenaamde Vaalputs Nuclear Waste Disposal fasiliteit te gaan oorhandig.
Vroeër was ‘n Nuclear Installation License aan die National Radioactive Waste Disposal Institute(NRWDI) uitgereik, om dit voortaan te bestuur. Dit beteken dat die Nuclear Energy Corporation of South Africa (NECSA) nie meer vir Vaalputs gaan beheer nie.
Alfred Gubulastraat ingewy
GEMSBOK-UPINGTON: Die premier, dr. Zamani Saul, het op Erfenisdag die seremoniële hernoeming van Schröderstraat na Alfred Gubulastraat in Upington gelei.
Saul het gesê die hernoeming vorm deel van die regering se program om “ons helde en heldinne te vereer vir hul onselfsugtige stryd teen koloniale bewind. Tata’uAlfred Gubula was ‘n leier van die Verenigde Demokratiese Front. Hy was ook leier van die ‘Red die Patriotte-veldtog’, ‘n nasionale veldtog om alle kamerade in die doodsry regoor die land te red. Tata’uAlfred Gubula het die Paballelo-gemeenskapsopstande in die middel-1980’s gelei. Deur saam met menseregte-prokureurs te werk, het hy wêreldwye aandag op die Upington 26-saak gevestig. Dit is belangrik vir ons om te erken dat naamsveranderinge belangrik is vir ons om ons erfenis en kulturele identiteit terug te eis, asook om ons helde en heldinne te vereer wat geveg het vir die bevryding van hierdie land en hierdie provinsie.”
Doodse stilte na SOE inval op DKM se kantore
GEMSBOK-UPINGTON: Net minder as ‘n jaar gelede het die omgewing gegons toe die nuus breek dat die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) die Dawid Kruiper Munisipaliteit binngeval en beslag gelê het op kartonne vol dokumente en ander kantoor toerusting.
Ten tye van die voorval het dit gelyk asof die SOE ‘n baie spesifieke ondersoek geloods het, nadat dit aan die lig gekom het dat hulle op dokumente wat 24 kontrakte, wat deur die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit in die Noord-Kaap uitgereik is, behels. Die dokumente sou dien as bewysstukke as deel van sy ondersoek na beweerde korrupsie, bedrog of wanadministrasie.
SIU-amptenare, bygestaan deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens en Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Valke), het op die munisipaliteit se kantore toegeslaan, nadat ‘n lasbrief deur die Upington-landdroshof toegestaan is.
Waterinfrastruktuur in Siyancuma Munisipaliteit verbeter
GEMSBOK-DOUGLAS: Die Minister van Water en Sanitasie, mev. Pemmy Majodina, het saam met premier Zamani Saul ‘n opgeknapte watersuiweringsaanleg aan die Siyancuma Plaaslike Munisipaliteit oorhandig.
Die opgeknapte Douglas-waterbehandelings- werke dien as ‘n rouwater-onttrekkingspunt vir watersuiwering en -voorsiening aan die dorp en omgewing.
Die bestaande suiweringsaanleg het nie doeltreffend gewerk nie, aangesien dit sy 30-jaar ontwerplewensiklus oorskry het en dringend opgeknap moes word.
Waterdepartement gebruik gesogte toekenning om ontwikkeling aan te moedig
GEMSBOK-DOUGLAS: Die Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het die Waternavorsingskommissie en ander belanghebbendes aangemoedig om die gesogte Wêrelderfenis-besproeiingsstruktuur (WHIS)-toekenning te gebruik wat Douglas-keerwal as die beste en historiese besproeiingsstruktuur wêreldwyd erken.
Dit is ook ‘n springplank vir die verbetering van die lewens van die plaaslike gemeenskap, veral met betrekking tot watervoorsiening en waardige sanitasie.
Majodina het, saam met die Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, en afgevaardigdes van die Waternavorsingskommissie, verlede week die WHIS-toekenning aan die Orange-Vaal Watergebruikersvereniging en ‘n nuut opgeknapte Douglas Waterbehandelingswerke (WTW) aan die Siyancuma Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme Distriksmunisipaliteit in die Noord-Kaap oorhandig.