Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Die Dawid Kruiper Munisipaliteit is van plan om Schröderstraat op Upington se naam na QA Gubulastraat te verander en dit lyk asof hulle die proses so vinnig moontlik aan die gang wil sit.
Gerugte oor die beplande naamsverandering het lank voor ‘n amptelike raadsvergadering reeds begin gons en het hewige reaksie vanaf die pu-bliek uitgelok.
Op navraag oor die gerugte het mnr Patrick Williams, kommuniksiehoof vir DKM, die gerugte bevestig.
Hy het aan die Gemsbok gesê die DKM munisipale advieskomitee  het besluit dat die aansoek vir die hernoeming van Schröderstraat na Alfred Qayiso Gubulastraat aanvaar word en dat ‘n openbare deelnameproses begin word. 
Die openbare deelnameproses sal vir die volgende 21 dae vanaf 11 Julie 2025 tot 1 Augustus 2025 duur.

Read more …Is dit nou uit met Schröder en in met Gubula?

GEMSBOK-DOUGLAS: ‘n 72-Jarige vrou is die jongste beskuldigde in ‘n bedrogsaak van R1.3 miljoen wat die beweerde verkoop van ongeldige mynregte in die Noord-Kaap behels.
Rossyln Crossingham het hierdie week kortliks in die Douglas-landdroshof verskyn, waar sy van bedrog aangekla is, met diefstal as ‘n alternatiewe aanklag.
Sy is op 9 Julie deur die Valke se ondersoekspan vir ernstige kommersiële misdaad in hegtenis geneem.

Read more …72-Jarige vrou na meer as dekade vas vir bedrog

GEMSBOK-KURUMAN: Skokgolwe is onlangs vir ‘n tweede maal deur die Kuruman- en uitgebreide boerderygemeenskap gestuur, na die wrede moord op ‘n boer van die omgewing gelei het tot, wat beskryf word as ‘n gebrek aan geregtigheid vir die familie van Hendrik Venter (81), nadat die saak van dié vermoorde boer van die hofrol geskrap is. 
Venter is in September verlede jaar wreed op sy plaas vermoor. Hy het sy eiendom, geleë tussen Kuruman en Hotazel, omstreeks 08:30 verlaat om lone vir sy werkers te betaal. Sy liggaam is omstreeks 09:45 langs sy voertuig ontdek, met ernstige kopbeserings, het Cherelle Ehlers. polisiewoordvoerder, in ‘n verklaring oor die voorval gesê.

Read more … Kuruman-aanklaer vra dat saak van vermoorde boer moet hervat

GEMBSOK-GROBLERSHOOP: Na ‘n ontstellende voorval verlede week, waartydens beweer word dat een van die plaaslike boere deur ‘n kommersiële boer aangerand is - wat dan ook blykbaar tot ‘n betoging gelei het, het ‘n positiewe en konstruktiewe gemeenskapsvergadering Maandagaand in Grootdrink plaasgevind.
Die vergadering is belê nadat die takleierskap van die !Kheis Boerevereniging, geaffilieer by die National African Farmers’ Union (NAFU), die saak onder die aandag van die provinsiale leierskap van NAFU gebring het. 
Hierdie intervensie het gelei tot die teenwoordigheid van sleutelrolspelers, insluitend Hendrik van Wyk (wyksraadslid !Kheis Munisipaliteit), lt. kol. Venter (stasiebevelvoerder, SAPD Groblershoop),  verteenwoordigers van die Gemeenskaps Polisiëringsforum (GPF), provinsiale president Messelaar en die Provinsiale Leierskap van NAFU asook leierskap van die !Kheis- en Groblershoop Boereverenigings.
Lt. kol. Venter het die gemeenskap ingelig oor die prosedures van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die toepaslike regsraamwerk. Sy het beklemtoon dat die polisie nie oor skuld of onskuld oordeel nie, maar bewyse versamel wat dan in die hof ter beoordeling voorgehou word. Sy het ook die publiek ingelig oor die bepalings van die Strafproseswet, spesifiek met verwysing na aanranding en verduidelik dat sogenaamde “gewone aanranding” nie altyd tot onmiddelike inhegtenisneming lei nie, aangesien dit onderhewig is aan die meriete van die ondersoek.

Read more …Vrugtevolle Gemeenskapsvergadering na geweldsvoorval in Grootdrink

GEMSBOK-GROBLERSHOOP: Die lede van die Upington Grenspolisie het inligting wat ontvang is oor onwettige sigarette, wat by ‘n winkel in Groblershoop verkoop word, asook ‘n beweerde bergingsperseel waar ‘n lading sigarette vir die genoemde winkel afgelaai is vir berging, opgevolg.
Die perseel is deur Misdaadintelligensie bevestig en ‘n deursoekingslasbrief is verkry. 
Op Woensdag 25 Junie 2025 is ‘n koop-en-opsporingsoperasie uitgevoer met die hulp van die Upington K9-eenheid en Doeane.
Met die deursoeking van die genoemde perseel het die polisie 110 palette, 68 kartonne en 46 pakkies sigarette ter waarde van ongeveer R2,8 miljoen ontdek - wat gekonfi-skeer is en aan doeane oorhandig is vir verdere ondersoek.  

More Articles …