Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Die LUR van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Venus Blennies-Magage, is onlangs deur rolspelers versoek om ‘n dringende belanghebbendes-vergadering te skeduleer, aangesien die multimiljoenrand Upington Nywerheidspark besigheid belemmer in plaas daarvan om die plaaslike ekonomie te verbeter.
Die nywerheidspark het die regering minstens R50 miljoen gekos, met ‘n verdere R200 miljoen in die pyplyn.
Sedert die kontrakteur die terrein verlaat het, het die pad by die ingang opgetrek omdat dit nie behoorlik gekompakteer is nie. 
Die voorhek is be- skadig en die valhekke is gebreek. 
Daar is ingebreek by die waghuis en alle toerusting, insluitend kameras en radio’s, is gesteel. 
Die heinings word gereeld gesny. 
Die hoë masbeligting het nog nooit gewerk sedert die installasie nie. 

Read more …Upington Nywerheidspark belemmer plaaslike ekonomie in plaas van om dit te verbeter

GEMSBOK-UPINGTON: Op 30 Julie het ‘n groep mense van die Millenium-plakkersgemeenskap ‘n griefskrif aan die Dawid Kruiper Munisipaliteit oorhandig wat tot op hede nog nie beantwoord is nie. Daar was aan dié mense belowe dat hulle binne sewe werksdae terugvoering sou kry. 
Die memorandum of griefskrif gaan rondom die behui- singsprobleme wat ontstaan het nadat ordentlike behuising aan die gemeenskap van die Rosedale se Wyk 15 deur die munisipaliteit belowe is. 
“Daar was huise aan ons mense belowe waarvan daar tot vandag toe niks gekom het nie”, het raadslid German Gewers aan ons meegedeel. 
Daar word tans hop- huise met steen gebou wat alreeds ‘n goeie aanduiding is van die daadwerklike en goeie vooruitgang in daardie wyksarea. “Dit is vir my gemeenskap ‘n goeie inspuiting van menswaardigheid”, het Gewers aan ons meegedeel. 

Read more …Millenium-plakkersgemeenskap is gegrief

GEMSBOK-UPIGTON: Die Dawid Kruiper-munisipaliteit in Upington het ‘n straatnaamverandering wat onbepland is, en waarvoor nie begroot is nie, glo verlede week op ‘n spesiale raadsvergadering deurgedruk.
Dié straat, Schröderstraat, is een van Upington se oudste strate  en ook ‘n hoofstraat.
Die Dawid Kruiper-munisipaliteit het tydens ‘n raadsvergadering op 11 September 2025 besluit dat Schröderstraat hernoem sal word na A.Q Gubulastraat.
Volgens die munisipaliteit is die besluit na afloop van ‘n openbare deelnameproses goedgekeur.
“Gedurende die gemeenskapsvergaderings wat in die betrokke wyke gehou is, was die meerderheid van die mense teenwoordig ten gunste van die naamsverandering. Besware is ontvang vanaf die DA, Afriforum en een Individuele beswaar.” skryf Dawid Kruiper Munisipaliteit.

Read more …DKM sê: Schröderstraat word nou A.Q Gubulastraat

GEMSBOK-POSTMASBURG: ‘n Familie is teen die grond nadat die erg ontbinde lyk van hul vermiste gevind is.
Dit nadat ‘n gesonde Gershin Gainsford (27) in Maart hulle huis op Postmansburg in die Noord-Kaap verlaat het. Sedertdien was hy nooit weer gesien nie. Sy verdwyning was hierna aangemeld.
Verlede week moes die familie verneem dat ‘n ontbinde lyk van ‘n onbekende man, al vir vyf maande by die lykshuis in Kuruman gelê het.
‘n Erg emosionele niggie van Gershin, Shaunize Olivier, het vertel:
“Nadat hy vir so lank, nie navore gekom het nie, het ek begin rondvra of rondgebel. Uiteindelik het ‘n polisieman my laat weet dat hy bewus is van n ongeïdentifiseerde lyk. 

Read more …Man wat dood op treinspoor gevind is, begrawe

GEMSBOK-UPINGTON: Verskeie rolspelers veg al jare om rioolstortings in Upington te beëindig en dit het daartoe gelei dat nog ‘n petisie van stapel gestuur is om te eis dat Dawid Kruiper-munisipaliteit die herhalende oorstromings van mense se huise en erwe in die Progress-gebied aan te spreek. Vir maande lank word herhaaldelike oproepe op die munisipaliteit gedoen om aandag te gee aan ‘n reeks verstopte dreine wat verwoesting in wyk 4 saai.
Dreine wat oorloop met bottelgroen riool in Vygiestraat, Papawerstraat en Violet Crescent het ‘n gereelde verskynsel geword, wat die groter gemeenskap met ‘n deurdringende stank beïnvloed en plae soos vlieë en muskiete lok.

Read more …Riool damp op in woongebiede

More Articles …