Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Walker’s Midas Upington het beslis ‘n pluimpie in Upington se hoed geplaas - toe hulle as die Midas-groep se “Franchisee Of The Year” aangewys is. Die harde werk, puik diens en hoë kwaliteit produkte wat deur      hierdie tak gewaarborg word - is die rede waarom Walker’s Midas Upington - as die beste Midas uit meer as 330 takke aangewys is! Erin, Janie en Max Walker, saam met 180 ander Midas eienaars, was in Griekeland by Mykonos om die pryse te ontvang. “Dankie aan al ons personeel - wat  elke dag opdaag en wêreldklas diens lewer - met goeie kwaliteit produkte,” sê Erin Walker. “Dankie aan elke kliënt vir getroue ondersteuning,” beaam Max Walker.

Read more …Walker’s Midas Upington kraai koning!

GEMSBOK-POSTMSBURG: Die Postmasburg-polisie ondersoek ‘n moordsaak, nadat ‘n 20-jarige man in die hospitaal dood is, toe hy deur ‘n woedende skare in Newton, Postmasburg, aangeval is. Die oorledene was betrokke by die nood-lottige messteek van ‘n bekende en geliefde gemeenskapslid, Gladwin Bele (29), nie ver van sy huis op Saterdag, 16 September nie. Bele is in die hospitaal dood. Daar word vermoed dat Bele, wat by een van die plaaslike myne gewerk het, in sy straat probeer het om aanwysings aan ‘n afleweringsvragmotor te gee - toe hy deur sy moordenaar/s aangerand is.

Read more …Moordverdagte sterf ná ‘mob justice-aanval’

GEMSBOK-UPINGTON: Dokumente wat daarop dui dat ‘n  lid van beide die provinsiale regering, asook die ZFM distriksmunisipaliteit - dubbele salarisse ontvang het, het die afgelope week aan die lig gekom. Die dubbele staatssalarisse is van die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit en die provinsiale departement van landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming aan Moses Moalosi betaal. In Maart 2021 het Moalosi bedank as die distriksspeaker van ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit. Na sy bedanking - word beweer dat hy moontlik deur die munisipaliteit heraange-stel is - aangesien die jongste betaling van die munisipaliteit aan hom gedateer is April 2023. Volgens dokumente in besit van die Gemsbok het die munisipaliteit hom meer as R35 000 per maand vir Februarie, Maart en April betaal.

Read more … Noord-Kaap amptenaar kry glo dubbele salarisse

GEMSBOK-PORT NOLLOTH: Van ‘n nasionale voorspraakwerksessie en protesaksies in Port Nolloth – bygewoon deur vissers en aktiviste van die Noord-, Wes- en Oos-Kaap en ook KwaZulu-Natal – tot ‘n plakkaatdemonstrasie buite die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum (CTICC), was dit onlangs ‘n groot week vir kleinskaalse vissersgemeenskappe en aktiviste wat buitelandse olie- en gaseksplorasie teenstaan. Die Green Connection se strategiese leier, Liziwe McDaid, sê: “Ons het met die ondersteuning van vissers en ander organisasies van regoor die land na die Noord-Kaap gereis om die vissers van Port Nolloth in hul stryd teen Total Energies te ondersteun. Ons is hier om seker te maak dat hierdie vissers se stemme gehoor word teen hierdie aanslag.”

Read more …Kleinskaalse vissers van regoor die land verenig teen totale energie in Port Nolloth

GEMSBOK-SISHEN: Vroeë kinderjare is 'n deurslaggewende deel van 'n kind se ontwikkeling en kwaliteit opleiding sal verseker dat 'n kind selfversekerd en gereed vir skool is.

Met gekwalifiseerde onderwysers sal alle kinders kwaliteit onderwys geniet en meer fasiliteite sal geskep word. Shiloh Training (Pty) Ltd, 'n geakkrediteerde diensverskaffer in Vroeë Kinderontwikkeling sorg vir kwaliteit VKO-onderwys en bied volledige kwalifikasies in NKR L4 en L5. Op 16 September 2023 is VKO-praktisyns, Klas van 2022, tydens 'n formele gradeplegtigheid vereer vir suksesvolle voltooiing van Verdere Onderwys en Opleiding Sertifikaat: Vroeë Kinderontwikkeling. Daphne Cornett van FAMSA, Kathu, het die sermonie met 'n hartlike boodskap geopen.

Read more …Studente ontvang toekennings