Sidebar

Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
01
Tue, Apr

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

 GEMSBOK-KENHARDT: Terwyl die verval in Kenhardt toenemend voortduur, doen AfriForum ’n dringende beroep op die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit om sy huis vir eens en vir altyd in orde te kry. 
Die huidige toestand van dié eens mooie Noord-Kaapse dorpie maak die inwoners bewoë, maar terselfdertyd ook warm onder die kraag vir die munisipaliteit se traak-my-nieagtige houding.
AfriForum se talle pleidooie aan die Kai !Garib-munisipaliteit om Kenhardt reg te ruk, blyk telkens op dowe ore te val. 
Die organisasie het einde Januarie tydens ’n vergadering oor die munisipa-liteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan die ernstige verval op Kenhardt – asook op Keimoes en Kakamas – beklemtoon. 
Die burgermeester, munisipale bestuurder en raadslede het die vergadering bygewoon en beloftes en mooipraatjies gemaak waarvan daar sedertdien nog niks gekom het nie.


Voor dié vergadering het AfriForum al ’n aantal briewe en memorandums aan die munisipaliteit gestuur oor die agteruitgang van dienslewering op Kenhardt, wat ook – net soos baie telefoonoproepe – onbeantwoord gebly het. 
Daar is al verskeie vergaderings met die munisipaliteit gereël wat nooit gerealiseer nie.
Kenhardt se probleme is eindeloos. Daar is probleme met vullisverwyderingsdienste en die rioolaanlegte, wat al vir die afgelope paar jaar buitewerking is. 
Riool vloei soos ’n rivier reguit in die veld langs die R27-hoofroete in en het al ’n dam van riool gevorm, wat met ’n erge stank gepaardgaan. 
AfriForum beplan om die rioolstorting by die Groen Skerpioene te rapporteer, indien dit nie onmiddellik opgelos word nie. 
Boonop is daar nie drinkwater op die dorp nie en indien daar wel is, is die water vuil en dit stink. AfriForum het selfs al vantevore aangebied om een van die boorgatwaterpompe te verskaf en installeer, wat dan die helfte van Kenhardt se waterprobleme sal oplos. 
AfriForum het die munisipaliteit begin verlede jaar al by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie verkla oor die gebrek aan water op Kenhardt, maar dié saak is nog hangend. 
Saans is die dorp ook in donkerte gehul omdat die straatligte nie werk nie, wat kriminele bedrywighede baie meer en makliker maak. Selfs die paaie is in ’n swak toestand.
“Die agteruitgaan en verval van Kenhardt is die gevolg van die Kai !Garib-munisipaliteit se wanbestuur en onopgeleide personeel. Boonop is daar bykans daagliks munisipale werknemers wat staak omdat hulle nie salarisse ontvang nie. Dit is net ’n kwessie van tyd voordat die Kai !Garib-munisipaliteit in duie stort,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.